Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Adriëtte le Roux

Die storie van die Uilhuis op Nieu-Bethesda

Die Uilhuis is sekerlik die Karoo se bekendste tuismuseum, maar dit is ook ’n eienaardige kunswerk ─ ’n hele huis en werf as uitdrukking van een vrou se binnewêreld, soos ’n hart met al sy lig en donker oopgevlek vir reisigers om deur te loop. Dít maak ’n besoek aan Helen Martins se huis op […]

Sterrekyk vir beginners: Jurg van Sterland leer ons hóé

Nie eens Jan Tuisbly mag tans sy karretjie ry nie, maar pleks van jou lot betreur oor die oop vlaktes en langpad waarna jy verlang, kan jy ’n bietjie jou perspektief verskuif en ópkyk! Dis reg, maak nie saak hoe groot of klein jou isolasie-spasie is nie, buite jou venster roep die hemelruim se uitgestrekte […]

Die LekkeSlaap-span se Top-Valentynswegbreke

Soos gesien op Maroela Media. Of ons dit nou wil erken of nie, die meeste van ons is heimlik romanties en droom alte lekker daarvan om ’n afgeleë huisie in die woud of ’n luukse bosveld-lodge met ’n spesiale persoon te deel. So, van sakpas-opsies tot eersteklasbestemmings, laat die LekkeSlaap-span se top-idees vir romantiese wegbreke […]

’n Salige Saterdag in Steytlerville

Daar is net een pad in en uit Steytlerville en dit is ook reg so, want as jy eers in dié Karoodorp is, wil jy in elk geval bly. Dít kan aan die wapens van Steytlerville se gevestigde families wat in die hoofstraat hang gesien word, asook aan die sestal doodgelukkige “nuwe” inwoners wat ons […]

LekkeSlaap se Knysna-reislys

Knysna het só baie te kus en te keur, dis nie maklik om op ’n reisplan vir dié gewilde Tuinroetedorp te besluit nie. Volg jy die loerie se spoor al langs blaarbedekte bospaadjies of keer jy na die strandmeer om jou aan die Knysnakoppe te vergaap? Waar eet jy? Wat drink jy? Waar swem jy? […]

Willowmore: die Karoo-dorp vol engele

Dié dorpie aan die suidpunt van die Kamdeboovlakte is ’n baie spesiale plek, soos ons gou sal uitvind, want dit is die tuiste van ’n leërskare engele en, bly jy ’n rukkie, ervaar jy hulle gulhartigheid eerstehands.    Die wêreld is vaal en stil, en buiten ’n handjievol turksvybome wat vooroor buig van die dors, is […]

De Rust ─ Toe glad nie so rustig

Soos gesien op Maroela Media. De Rust, die “kleiner Oudtshoorn”, die dorp waardeur jy op pad Kangogrotte toe jaag, net nóg ’n klein Karoodorpie …  Wat wou! LekkeSlaap.co.za sien baie Karoodorpe ─ ons ag onsself kundiges op dié gebied ─ en De Rust is nie sommer net een van hulle nie. Dit is ook beslis nie […]

’n Handjievol vrae vir Deon Meyer

Ai, maar die Karoo is darem maar ’n wonderlike wiegeliedjie van ’n streek. Van sy rooskleurige sonsondergange tot sy uitgestrekte horison en skaam diere ─ dis te verstane dat daar ’n hele produksie kan wees wat hierdie streek se stories, mense en natuurprag besing. En dis presies wat skrywer, Deon Meyer, en liedjieman, Coenie de […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem