Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien het in die Vrystaat grootgeword en haar Honneurs in Vertaling voltooi nadat sy deur Korea, China, Mongolië en 'n paar ander breedtegrade gereis het. Buiten haar liefde vir reis, spandeer sy die meeste van haar vryetyd met haar gesin. Tuinmaak en haar "rooskinders", soos sy hulle noem, is nóg een van haar voorliefdes.

Raar maar waar: buitengewone blyplekke in SA

Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan bly as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het 14 buitengewone, besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. Kliek op die foto’s om meer uit te vind. So, is jy lus vir ’n ander tipe wegbreek die naweek? Bespreek sommer […]

Karavaankamp: Vakansie op Wiele

As jy ’n tikkie “gypsy” in jou hart het en nie van tent opslaan hou nie, is karavaankamp mos net vir jou! Ons het ’n paar oulike staanplekke op LekkeSlaap se boeke gevind waar jy bloot kan parkeer, en siedaar! Als is voor die wind. So, waarvoor wag jy? Reël sommer vandag nog jou vakansie […]

’n Luukse wittebrood-oase by La Roca …

Nelspruit lê in die hartjie van die Laeveld, tussen sitrusboorde en groen heuwels. Hiér is jy altyd bewus van die bosveld se natuurskoon. Nelspruit is die perfekte wittebrood-plek danksy al die doendinge in die omgewing, maar daar is ook nét soveel geleentheid vir “niksdoen”. Saam met jou geliefde kan jy die eerste paar dae van […]

Kampwenke vir die winter

Kyk, om te kamp in die winter klink seker nie vir almal na pret nie, maar daar is ’n hele paar kampkonings daar buite wat dit al onder die knie het. Ons het ’n paar basiese kampwenke wat enige kamp-uitstappie, reën of mooiweer, in ’n KAMPioen-wegbreek sal omskep. So, kies vir jou ’n kampplekkie, pak vir jou […]

Wonderlike Winter-wegbreke

Ons weet jy wil net tuis bly as die kwik daal en die reën begin neerstort, maar as jy een van dié lekke plekkies kies, hoef jy jou nie te bekommer oor die koue monsters wat byt nie. Ons het ’n paar plekkies gaan soek met sonderlinge kaggels, bekoorlike braais en luukse baddens. Loer hier […]

LekkeSlaap se mooiste lêplekkies

LekkeSlaap se webtuiste is vol pragtige plekkies waar jy kan wegbreek, ontspan of op ’n avontuur gaan. Almal kort ’n heerlike nagrus na ’n bedrywige dag van vakansie hou, so ek het ’n paar van dié lekke lêplekkies met die mooiste beddens gaan soek waar jy beslis sal kan lekke slaap. Kliek gerus op die […]

Doendinge in Johannesburg vir minder as R200

Besoek jy een van die dae die Stad van Goud? Of is jy ’n Gautenger wat net ’n bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ’n paar opsies vir doendinge in en om Johannesburg wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Kliek gerus op die oranje […]

6 Bekoorlike B&B’s in KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal is deesdae op almal se doenlysie. Die provinsie is ’n mengelmoes van statige winkelsentrums, aksiebelaaide avonture, myle se lywe op die strande en bekoorlike landelike gebiede wat jou maak voel of jy in ’n sprokie rondswerf. Dit bied alles: van welige, groen berge, droë grasvlaktes, die besige stadskern tot bedrywige markies in die dorpstrate. […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem