Swellendam: Smul | Slaap | Speel
Ankia Wolf, 5 May 2015
Reading time: 4 minutes
Vir baie reisigers is Swellendam maar een van baie bakens op die pad tussen die Kaap en die Tuinroete. Maar dié dorp, die derde oudste dorp in die land, bied soveel meer waarvan gereelde besoekers salig onbewus is – van ʼn nostalgiese feëtjieparadys tot bedrywige bessieplase tot die eerste reënwoud-spa in die land. Ek het gaan uitvind wat Swellendam so bekoorlik maak, en glo my, dis die moeite werd. Dié gids wys jou waar jy kan bly, eet, leer en speel as jy jou volgende keer in Swellendam bevind! Loer net bietjie hier …
![]()

Ons weet natuurlik van ʼn hele paar spoggerige blyplekke in Swellendam wat jy as basis kan gebruik om die dorp en sy beeldskone omliggende omgewing te verken. Kliek op die foto vir meer inligting oor elke lekke lêplekkie ‒ jy kan kies tussen bekoorlike B&B’s, geskiedkundige gastehuise of salige selfsorg-eenhede!






![]()

Swellendam staan nie verniet bekend as een van die oudste dorpe in die land nie. Meer as 50 erfenisterreine getuig van die dorp se ryk geskiedenis en bespikkel die middedorp as geskiedkundige bakens. Ek het maar ʼn paar van hulle besoek, maar kon nie naastenby by almal uitkom oor die naweek nie!

Dié grasdak-gebou’tjie, steeds bekend as die Ou Poskantoor, was die sipier se woning.

Dié gebou het Kaap-Hollandse gewels, Gotiese vensters, ʼn ingang in ʼn Renaissance-styl en ʼn Barok-kerktoring.

Die Drostdy is in 1747 deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie gebou om te dien as woning en amptelike hoofkwartier vir die landdros.

Dié perseel het deel gevorm van die oorspronklike Drostdy-eiendom wat onderverdeel is in 1799. Die Georgiaanse huis dateer uit die middel van die vorige eeu.

Die “Auld House”, gebou in 1802, is ʼn besondere, ou Kaapse huis met interessante verbintenisse met die geskiedkundige Barry-familie.

Dié huis se gewel dateer uit 1834 en is gebou deur Johannes Christoffel Rothmann. Dit word tans as ʼn gastehuis gebruik.

Mayville is geleë op grond wat oorspronklik deel gevorm het van die historiese Drostdy-kompleks. Die huis is in 1853 gebou vir die eienaar, Daniël de Bruyn, maar dien nou as ʼn museum.
![]()

Smulpape, lekkerbekke, fynproewers en kosliefhebbers: Wees gewaarsku! Swellendam se reuse verskeidenheid eetplekke sal jou behoorlik jou lippe laat aflek, so maak seker jou beursie is vol en jou maag is leeg en berei jouself voor op ‘n paar etes in die dorp ‒ jy kan kies tussen bakkery’tjies, kafee’tjies, fynproewerrestaurante, koffiewinkels, buitelug-restaurante en selfs eetplekke op ou erfenisterreine.

Tel. +27 (0)028 514 3745 | E-pos: makkievh@vodamail.co.za | Swellengrebelstraat

Tel. +27 (0)28 514 3957 | Sel. +27 (0)83 228 1355 | E-pos: pennantwing@gmail.com | Swellengrebelstraat

Tel. +27 (0) 28 514 3847 | E-pos: info@oldgaolrestaurant.co.za | Voortrekkerstraat

Tel. +27 (0) 28 514 3847 | E-pos: info@oldgaolrestaurant.co.za | Voortrekkerstraat

Tel. +27(0)28 514 2216 | Sel: +27(0)82 958 6319 | E-pos: info@tredici.co.za

Tel. +27 (0)28 514 2252 | Sel. +27 (0)72 562 7958 | E-pos: restaurant.lba@gmail.com

Tel. +27 (0)28 514 2252 | Sel. +27 (0)72 562 7958 | E-pos: restaurant.lba@gmail.com
![]()

Die Overberg se goue heuwels en plattelandse skoonheid is eenvoudig ongelooflik. Swellendam is feitlik omring deur die Langeberge se golwende voorheuwels, Bontebok Nasionale Park se oop vlaktes en die blou, blou Breederivier wat hier by die Riviersonderend aansluit. Dié omgewing is enige fotograaf se droom, so pak gerus jou kamera in!






![]()

Kultuurfoendi’s en natuurliefhebbers sal ewe gelukkig hier weg stap. Swellendam se kunsgalerye, snuisterywinkeltjies, pottebakkeryateljees, museums en ander erfenisterreine sal jou kultureel verryk soos nog nooit te vore nie ‒ selfs as die weer jou in die steek laat! As jy vars lug verkies, is daar gelukkig net so baie opsies. Gaan stap, swem of aanskou die waterval in Hermitage Kloof, gaan kyk wild of wandel in Bontebok of roei al teen die Breederivier af. En dan is daar nog ander eiesoortige aktiwiteite soos bessies pluk, heuning proe en ʼn reënwoud-spa besoek!







Tel. 028 514 1373 | Sel. 072 757 7894 | E-pos: roneldw@mail.com | Swellengrebelstraat

Tel. 028 514 2402 | E-pos: www.jwbees.com | Swellengrebelstraat

Tel. 028 514 1919 | Sel. 082 961 2395 | E-pos: info@sgaf.co.za

Tel. 028 514 3132 | Sel. 082 380 2060 | E-pos: hospitality@wildebraam.co.za

Tel. 028 514 1786 | E-pos: faeriefolk@gmail.com of iansulin@gmail.com | Buitekantstraat 37

Tel. +27 (0) 28 514 1737 | E-pos: info@rainafrica.com | Voortrekkerstraat
![]()
Swellendam bied iets vir elke reisiger in enige weersomstandighede, selfs oor ‘n reënerige langnaweek. Kom slaap, smul en speel saam met ons in dié sprokiesdorp. Gaan bespreek nóú jou vakansie in Swellendam ‒ kliek net hier!








