
Dink provinsiaal en mik noord … Noordwes!
Dit is op somersoggende wanneer die Noordwes se reuke, reuke van my kinderjare, in my neus kom sit. Die reuk van lang, droë gras wat jou kuite krap net voor dit onder jou voete kraak en die rooi grond wat jou sokkies vlek. Die blou plafon van ‘n somerhemel en die alomteenwoordige rooibruin mure van […]
14 November 2014

Jy kan dié maar in jou sak steek
Pack for a Purpose is ‘n wêreldwye organisasie wat jou in staat stel om liefdadigheid soos vakansie te laat voel! Dit behels basies dat jy voorraad wat organisasies benodig vir gemeenskapsprojekte kan saambring in jou bagasie. Hulle vra gewoonlik dat mense 2 kg se goedere saambring (maar jy kan saambring net soveel soos wat jy […]
13 November 2014

Doendinge in die Kaap vir minder as R200
Besoek jy een van die dae die Moederstad? Of is jy ‘n Kapenaar wat net bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ‘n paar opsies vir doendinge in en om die Kaap wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Maak ‘n Kaapse draai in die bloedrooi […]
7 November 2014

Wat van ’n saalsafari?
“No hour of life is wasted that is spent in the saddle.” Met hierdie aanhaling het Winston Churchill iets probeer sê oor die gevoel van vryheid en avontuur wat mens beetpak wanneer jy jou voete in die stiebeuels steek en die growwe leer van die leisels in jou hande voel. Bo- en behalwe die wild […]
6 November 2014

Ons vlag lê die wêreld vol: bekyk hom uit die buitenste ruim!
Ek het nog altyd gedink ’n vlag is te plat en leweloos om ’n dinamiese ding soos ’n land en sy mense te verteenwoordig. Giant Flag se projek het my wel anders oortuig. Hierdie vlag is meer as net ’n simbool. Hierdie vlag is een wat groei, net soos die land wat dit verteenwoordig. Giant Flag […]
29 Oktober 2014

Piekfyn pikkewyn! Ons vier Brilpikkewyn Bewustheidsdag
Die Afrika-pikkewyn staan ook, heel kostelik, as die brilpikkewyn bekend! Dis moontlik vanweë die pienk vlekkies bo hul oë wat hulle soos Elton John in ‘n manelpak laat lyk. En hierdie Saterdag, die 11de Oktober, is dit Brilpikkewyn Bewustheidsdag! Daar is slegs 17 spesies pikkewyne wêreldwyd, en die brilpikkewyn is die enigste een wat op die Afrika-kontinent […]
7 Oktober 2014

As die gogga byt: kunsvlieghengel in Suid-Afrika
Soos dit hoort, word visvangstories versier met uitings van ongeloof oor hoe groot, sterk en pragtig die magiese vis was wat weggekom het – die vent! Ander stories vertel weer trots van die geveg en die uiteindelike oorwinning – ‘n mitiese verhaal van mens wat dier uitoorlê. Waarlik, ‘n visserman is ‘n avonturier wat leef vir […]
2 Oktober 2014

Koffie: troos vir boere én stadsjapies
LekkeSlaap het gedink die beste manier om die dag te begin, is om ’n bietjie meer uit te vind oor hierdie hemelse drankie: Koffie. Miskien vra jy jouself af: “Wat het dit nou eintlik met reis en vakansie uit te waai?” Die antwoord is baie eenvoudig: “Alles!” Ek dink dis veilig om te sê die Groot […]
29 September 2014








