Pretorianers is lief vir uiteet saam met vriende en familie ─ hondekinders inkluis! Daarom is dit g’n wonder dat daar om elke hoek en draai ’n troeteldiervriendelike eetplek in die Jakarandastad verskyn nie. LekkeSlaap het 13 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in Pretoria met Wagter aan jou sy!

Afro-boer, Equestria

Tipe eetplek: Koffiewinkel en bakkery.
Gewilde disse en drankies: Vars gebak, enige ontbyt, Banting-brood en goeie koffie.
Spesiale kenmerke: Mengeldrankies, craft-bier en glutenvrye, vegetariese en veganistiese opsies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek buite en ’n sprokiesagtige tuin (Onthou net dat jou hond aan ’n leiband moet wees.)


☎ 012 807 3099 | Webtuiste

Blue Crane, New Muckleneuk

Tipe eetplek: Kontinentale restaurant met Europese en Afrika-disse.
Gewilde disse en drankies: Afrika-disse soos volstruis-sosasties op ’n mieliemeel-patty met rooiwyn-spek-en-sampioensous.
Spesiale kenmerke: Mengeldrankies, craft-bier, vegetariese opsies, buffet-etes en musiekvertonings.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek buite met ’n uitsig oor ’n groot meer, die diverse voëllewe en grasperke (Onthou net dat jou hond aan ’n leiband moet wees.)

☎ 012 460 7615 | Webtuiste

Café Riche, Middestad

Tipe eetplek: Bistro en koffiewinkel met Mediterreense en Suid-Afrikaanse disse.
Gewilde disse en drankies: Vars gebak, toebroodjies, slaai en goeie koffie.
Spesiale kenmerke: Geskiedkundige erfenis, belgiese bier, glutenvrye en vegetariese opsies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek op die stoep buite.


☎ 012 328 3173 | Webtuiste

Carlton Café, Menlo Park

Tipe eetplek: Bistro en koffiewinkel met Mediterreense en Suid-Afrikaanse disse.
Gewilde disse en drankies: Krummelpap-en-biltongontbyt, slaaie, goeie koffie, southern fried chicken en Marmite-tert.
Spesiale kenmerke: Alkoholvrye mengeldrankies, spesiale aanbiedings, glutenvrye en Banting-opsies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek op die stoep wat met ’n plantheining van die straat geskei word.


☎ 012 460 7996 | Webtuiste

Forkies REal Food Parlour, Lynnwoodrif

Tipe eetplek: Bistro met Italiaanse en Kubaanse disse.
Gewilde disse en drankies: Pizza-pasteie, Kubaanse broodjies, skorsie-con carne en sjokolade-en-grondboontjiebotter-kaaskoek.
Spesiale kenmerke: Glutenvrye en vegetariese opsies, craft-bier, mengeldrankies en musiekvertonings.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek buite en binne by hoë tafels met oorgenoeg lêplek by jou voete.

☎ 012 348 3088 | Webtuiste

Fumo, Groenkloof

Tipe eetplek: Italiaanse restaurant.
Gewilde disse en drankies: Neopolitaanse pizza, tapas en tipies Italiaanse nageregte soos ricotta-kaaskoek.
Spesiale kenmerke: Musiekvertonings, grappa, kreatiewe mengeldrankies.
Troeteldiervriendelike geriewe: ’n Gesellige stoep op die boonste verdieping.

A post shared by magautamediator (@magauta) on

☎ 012 346 0916 | Webtuiste

Ginger and Fig, Brooklyn

Tipe eetplek: Koffiewinkel en bistro.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, ravioli, melkskommels, toebroodjies en goeie koffie.
Spesiale kenmerke: Glutenvrye-opsies, Banting-vriendelike tamatiesous, oop kombuis waar jy die sjefs en baristas kan dophou.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek op die sypaadjie buite en ’n bak water vir jou hond.

☎ 012 362 5926 | Webtuiste

Huckleberry’s Restaurant, Brooklyn

Tipe eetplek: Koffiewinkel.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, wraps en melkskommels.
Spesiale kenmerke: Vegetariese opsies, funksiegeriewe en rolstoelvriendelike geriewe.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek onder sambrele in die park.

A post shared by stella vilakazi (@stellaveee) on

☎ 012 346 4588 | Webtuiste

La Madeleine, Lynnwoodrif

Tipe eetplek: Bistro met Franse en Belgiese invloede.
Gewilde disse en drankies: Bouillabaise, garnaalsop, varkwange, churros met tuisgemaakte rum-en-rosyntjie-roomys.
Spesiale kenmerke: Vegetariese en glutenvrye opsies, mengeldrankies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek in die boomryke tuin en ’n sekuriteitswag wat graag met jou hond sal gaan stap.

A post shared by Dez Whitehead (@dezwhitehead) on

☎ 012 361 3667 | Webtuiste

Prosopa, Waterkloof Heights

Tipe eetplek: Griekse restaurant met Spaanse en Portugese invloede.
Gewilde disse en drankies: Mezze/tapas, lam-kleftiko, enige vleisdisse en Griekse nageregte.
Spesiale kenmerke: Fynproewersetes, wynproesessies, spyseniering, funksiegeriewe, rolstoelvriendelike geriewe, halaal en vegetariese opsies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Pragtige buitearea waar alle honde welkom is (solank hulle onder toesig is).

☎ 012 460 1663 | Webtuiste

Red Tomato Supper Club and Guest House, Waterkloof

Tipe eetplek: Sogenaamde supperclub by die gastehuis wat ’n privaat en pasgemaakte fynproewerservaring bied.
Gewilde disse en drankies: Die kontemporêre spyskaart word gereeld aangepas, maar dit behels basies vyf gange.
Spesiale kenmerke: Verblyf op die perseel, vegetariese opsies, spyseniering, funksiegeriewe, kookdemonstrasies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Pragtige buitearea waar alle honde welkom is (solank hulle onder toesig is).

☎ 071 321 5945 | Webtuiste

Tashas, Brooklyn

Tipe eetplek: Koffiewinkel met ’n kinkel.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, salmdisse, toebroodjies, pesto-pasta, slaaie, warm drankies.
Spesiale kenmerke: Craft-bier, mengeldrankies, glutenvrye en vegetariese opsies.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek buite waar honde welkom is, mits hulle aan leibande is en ’n bak water.

☎ 012 460 2951 | Webtuiste

The Daily Coffee Café, Menlo Park

Tipe eetplek: Koffiewinkel.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, burgers en goeie koffie.
Spesiale kenmerke: Glutenvrye, vegetariese en Banting-opsies.
Troetelvriendelike geriewe: Sitplek in die tuin buite en ’n spesiale spyskaart met peuselhappies vir jou hond.

A post shared by The Dog Blog (@thedogblogsa) on

☎ 012 346 0555 | Webtuiste

Dis maar net ’n handjievol eetplekke in Pretoria waar jy en jou hond lekker saam kan kom kuier! Om dit alles te kroon is daar boonop ’n hele spul blyplekke waar Wagter ook welkom is as julle propvol geëet is en ’n middagslapie wil vang:

Kliek hier vir troeteldiervriendelike blyplekke in Pretoria!

Hooffoto: Bigstock