Verified Reviews
Aliwal North
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Aliwal North
Rated 3.5 out of 5 based on 97 reviews.
"Beste steak geëet by Little Ranch! En al die mense wat daar gekuier het, was heerlike geselskap, tesame met die vuur en die 6 worshonde."
"The town deteriorated like most others in the Free State and Eastern Cape, but is an ideal halfway stop to the Eastern Cape."
"Toe die warmwaterbronne nog daar was om te geniet was Aliwal die beste plek. Ek is bevrees nou het dinge baie agteruit gegaan."
"Sadly what was once an attractive town that welcomed visitors with hot springs and good restaurants is now an unattractive place with limited facilities for the visitor."
"This is really a town to travel through and there aren't any real attractions within the town. Restaurant options were rather uninspiring too."
"The Little Ranch is a must for lunch or dinner. Hands down the best pork I've ever eaten and the steaks are out of this world!"
"Dis 'n tipiese, maar skoon plattelandse dorpie en ons het regtig heerlik by Riverside Lodge geëet. Ek sal weer daar oor bly op pad iewers anders heen, maar glo nie ek sal langer as een nag daar wil deurbring nie. "
"Good stopover to the coast, not much going on there though. Riverside lodge is nicely located, but service is slow."
"Dis duidelik dat Aliwal Noord vroeër jare 'n dorp met glorie en status was; dit wil egter voorkom of daardie destydse glorie effens by die rivier afgespoel het. Dele van die dorp is in dringend soeke na opknapping en instandhouding. Nietemin, ons het 'n baie heerlike bord kos geniet by die Riverside Pub and Grill - definitief 'n moet."
"Dit is werklik lekker om by die Little Ranch te gaan eet. Hul kos en vleis is fantasties."
"Dit was ons eerste keer in Aliwal-Noord en ongelukkig het ons net daar oorgeslaap en die volgende oggend weer vertrek. Sal definitief probeer 'n volgende keer langer te bly en die omgewing beter te verken. Oulike eetplekke wat beskikbaar is met baie goeie resensies. Ons hey by Oppiehoek gaan eet wat goeie waarde vir geld was en heerlike kos en nagereg geniet. Daar is heelwat besienswaardighede, maar aangesien ons oor die naweek daar was, was alles reeds toe in die laatmiddag. Enigste negatiewe punt is al die rommel wanneer jy die dorp in ry. Plastieksakke en bottels lê orals! Daar was ook verskriklike slaggate in van die paaie in die woonbuurte."
"Soos meeste van die ouer plattelandse dorpe is die dorp besig om stadig maar seker agteruit te gaan. Die strate begin op meeste plekke te verkrummel en laat groot slaggate - slegs die hoofstraat blyk om amper in stand gehou te word. Die gasteplase buite die dorp hou egter steeds hulle eie bekoring in."