Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3581 reviews.
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."
"Dis maklik bekombaar. Die klein winkelsentrum het als wat jy nodig het. Dis lekker stil, maar tog naby als. "
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Die middedorp is binne loopafstand. Daar is 'n supermark baie naby en Die Boord is 'n stil, rustige area. Vir my doeleinde was dit ideaal."
"Skoonste dorpie wat ek in 'n lang tyd gesien het, sal wat wil gee om daar te bly! Een woord: PRAGTIG!"
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"
"Pragtige berge en natuurskoon en dan ook is die trambusse 'n moet. Ons was nou al op beide die rooi en blou roete gewees en het dit baie geniet. Sal oor en oor wil teruggaan want Franschhoek is 'n pragtige dorpie met baie lekker eetplekke. Leopards Leap se kos en wyn is uitstekende waarde vir geld."