Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Omgewing is baie mooi en daar is heelwat om te kan sien. Dis ook nie ver van Kaapstad af."
"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel."
"Beautiful environment, but walking and cycling paths poorly indicated or absent. A pity there is no natural swimming water, river, lake or dam; nobody's fault but part of a description for tourists."
"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."
"Groen, netjiese omgewing. Voel weg uit die stadsgedruis. Beslis ideaal om te ontspan. "
"Beautiful part of the world and quaint villages with excellent cuisine and lots to do for nature lovers."
"Dit is lekker sentraal na die toeriste bestemmings bv. Kaapstad , Franschhoek, Stellenbosch en selfs Hermanus."
"Heerlik om die wynplase en oulike dorpies soos Rawsonville te besoek. Uitmuntende berge. Oulike padstalle. "
"Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak."
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."
"Bied die toeris werklik baie. Natuurskoon, kuns, wyn, heerlike restaurante."
"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "