Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3557 resensies.
"Die omgewing is pragtig, die berge is mooi! Die middedorp op 'n Vrydagmiddag en 'n Saterdag is baie besig en deurmekaar. Geweldig baie taxis en mense wat sonder om te kyk net oor die pad loop."
"Stellenbosch was maar 7km van die verblyf en die omgewing is net pragtig. 'n Beslis moet om te besoek."
"Not really much to see in Tulbagh, it's more for people that just want to relax and don't really like exploring the outdoors."
"Worcester is 'n pragtige plek om te wees met sy groen plantegroei en die hoogste bome en die uitsig oor die dam is asemrowend."
"Kan verstaan hoekom studente so graag daar studeer! Skoon en netjiese dorp!"
"Daar is soveel winkeltjies en wynplase wat nog moes besoek word - sal weer moet gaan!"
"Worcester is nog lank nie ten volle deur my ontdek nie. Ek dink daar is nog juwele wat ek nie gesien of besoek het nie, soos die Kleinplasie Mark, en al die tweedehandse en antieke winkels op die dorp. Ek is van 'n baie klein dorpie in die Overberg, en dus is Worcester so naby aan die stad as wat ek kan kom. Alles is daar binne bereik van elkeen. Die Mountain Mill Mall is uitstekend en ongelukkig kan mens nie leë hande daar weggaan nie."
"Baie gerieflik, sentraal geleë vir besoek aan wynplase en ander besienswaardighede, Stellenbosch het ook 'n rykdom van plekke om te besoek en menige goeie topklasrestaurante."