Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 666 resensies.
"Cintsa is stil met lang strande om op te loop. Dit is dierevriendelik en perfek as jy wil wegkom van die besige samelewing en wil rus."
"Pragtige klein afgeleë dorpie; met al die nodige beskikbaar! Die kuslyn en buurdorpies is naby en heerlik om te besoek - noord en suid! Volop voëllewe; verskeie staproetes en riviere!"
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Unit 1 Beach Road"Daar is geen plek in Suid Afrika wat jou so 'n gebalanseerde vakansie bied nie. Pragtige strande, lagoon, kranse, rotse met asemrowende sonsopkoms en -ondergang. There just ain't another place like this."
"Die stad self is nie meer dieselfde nie, maar buite die stad is daar goeie vakansieplekke."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Gonubie is 'n heerlike plek om vir 'n paar dae te ontspan. Dis ons vierde besoek aan Gonubie - dit spreek dus vanself dat ons dit weer sal besoek!"
"Baie lekker, maar sommige areas soos Southernwood is so besoedel met rommel. Waarom maak die munisipaliteit hierdie area nie op 'n roetine basis skoon?"