Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4710 reviews.
"Baie rustige en veilige buurt. Ons sal graag weer daar gaan bly indien ons akkommodasie in die betrokke area soek."
"Its just that it is very noisy in that area because it is located in Voortrekker Road."
"Daar is geen pakplek vir klere of seep in badkamer. Die gordyne by die skuifdeur kan nie heeltemal toe vir privaatheid nie en die melk en koffie was net genoeg vir 1 keer se drink. 'n Lang spieël vir aantrek doeleindes vir ons dames sal help."
"Uitstekend geleë, maar hulle sal moet opskerp wat betref ekstra koffie, melk, suiker ens."
"Ek sal dit aanbeveel gedurende die werksdae, maar die toestroming van mense oor die naweke, met geraas en rommel sal ek definitief nie aanbeveel nie."
"Groot probleem met dronk jongmense oor naweke deur die dag en in die aand. Het glad nie veilig gevoel om rond te loop nie. Baie sad, want 'n paar jaar terug het ons vir lang ente teen die strand opgestap. Nou met sonsonder is dit nie veilig nie. Informele straat vendors verkoop openlik dwelms aan jongmense. Waar is die polisie se teenwoordigheid?"
"Vishoek is 'n aangename dorpie en alles wat jy nodig het is stapafstand van die verblyf af."
"Nie werklik 'n toeriste-area nie, maar naby genoeg. Alle mediese praktyke is binne stapafstand, sowel as 'n kruideniersware winkelgroep. Panorama Mediclinic is letterlik 300 m ver."
"The Rustic Manor BB is close to a large shopping mall (Blue Route) that has some excellent low cost eateries and houses many of the large South Africa chain stores. Tokai is leafy, quiet, top-end residential area."
"Alhoewel Kommetjie weggesteek is agter die berg, is dit tog so sentraal om gou vir 'n rit te gaan oor Chapmans Peak. Jy kan kies om of Simonstad toe te gaan of Houtbaai vir lekker vars vis en skyfies. Dan is daar ook die pragtige strande in die omgewing van Boulders Beach in Simonstad tot Muizenberg is net ongelooflik. Dan is daar ook die Longbeach Mall se lekker eetplekke en winkels. Dit als het gesorg vir die beste vakansie ooit."
"Ek glo daar is seker mooi plekke, maar ek het nie veel rondgekyk nie. Waar ek was, was dit onveilig."
"Lochenerhof is 'n veilige, gevestigde woonbuurt wat naby die see, winkelsentra en wynroetes geleë is."
"Ons het 'n huurkarretjie gehad, maar dit was veilig om die motor by die Bayside Shopping Centre te parkeer en die MyCity publieke vervoer Waterfront toe te neem."
"MyCiti bus system is excellent and easy. You don't need to buy MyCiti bus cards, 15 on Norwood has this. All you need to do load money on the cards to travel on the bus. We put on R100 for the 5 days and was more than enough to travel to Waterfront and back and to Blouberg and back."
"A clean safe neighborhood with good medical facilities and convenient shopping centres."