Verified Reviews
Drakensberg, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 4382 reviews.
Clarens, Drakensberg, South Africa
Jovali"Tipiese toeristedorpie! Klein winkeltjies wat een dag uit jou vakansie neem om deur te draf. Hier kom rus jy. Weg van die geraas en gejaag van die stad. Neem die natuur in (Golden Gate, Maluti Roete, Sampioen rots, Koningin Victoria rots en Cinderella Kasteel is alles net om die draai) en neem deel aan avontuuraktiwiteite wat nie oor 'n naweek in die stad gedoen kan word nie. STAPROETES STAPROETES STAPROETES, goed in standgehou en versorg. Batwing Waterval, Kloof en Titanic is aan te beveel! Baie restaurante, koffiewinkels en deli's om van te kies. As jy na 'n selfsorgeenheid kom, onthou om meeste (indien nie alles) van jou kos en kruideniersware saam te bring. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Cottage Pie"Clarens is wow, asemrowend met die berge en bome en grondpaaie. Mens kan oral loop en fietsry, daar is baie kuns en interessante winkels. Die restaurante is bietjie duur, seker maar gemik op die oorsese mark."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Jovali"Die winkels is pragtig, maar duur! Om R 80 vir 'n piepklein botteltjie konfyt te betaal is belaglik. Ek sal miskien weer daardeur ry om die natuurskoon te bewonder, maar die winkels sien my nie weer nie. Ek is seker mens sal in Londen beter waarde vir jou geld kry. Ek dink dis 'n skande om besoekers so uit te buit!"
Van Reenens Pass , Drakensberg, South Africa
Pyramids Motel"Van Reenens Pas is een van ons land se pragtigste natuurskoon en wonderlike uitsig. Dit is net jammer, ten spyte van al die pogings om die pad te beveilig, is motoriste steeds onverskillig en heelwat ongelukke vind steeds plaas."
Clarens, Drakensberg, South Africa
V'Kansi Khaya"The best! Had a wonderful 3 days in Clarens! Can't wait to visit again! Great tourist destination for outdoor adventure, restaurants all excellent and great variety. Awesome scenery! A definite destination for a relaxing weekend."
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Birdsong Cottages Nr 9"Het al verskeie male in die omgewing vakansie gehou, en dit baie verfrissend beleef. Ideale omgewing om na besige jaar weg te kom en weer vars asem te skep in pragtige natuur. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Kozmos"Natuurskoon baie mooi. Egter vreemd dat winkels reeds om 16:00 toemaak en meeste restaurante reeds om 20:00."
Underberg, Drakensberg, South Africa
Stoneyhall Farm"Pragtige omgewing met heelwat aktiwiteite as jy lus is om aktief te wees."
Northern Drakensberg, Drakensberg, South Africa
Spionkop Lodge"Die area is baie mooi en beslis 'n moet vir die buitelugliefhebbers."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Studio 28 Clarens"Clarens is a wonderful little town, and we will come back for more! This was our 3rd visit!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Pragtige dorp wat alles bied wat 'n mens nodig het."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Jovali"Mooi Nooi koffiewinkel het heerlikste pannekoek en die beste diens!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
The Clarens Country House"Weggesteek en pragtig met alles wat mens nodig het en soveel om te doen en sien!"
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Berghaven Cottages"Een van die juwele in die Drakensberge."
Van Reenens Pass , Drakensberg, South Africa
Pyramids Motel"Baie mooi, maar die verkeer is vreeslik!"
Underberg, Drakensberg, South Africa
Stoneyhall Farm"Great town, with quite possibly the most amazing scenery in KZN!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
V'Kansi Khaya"Clarens is die ideale bestemming vir 'n rustige naweek weg van die gewoel van die stad. Pragtige natuurskoon, goeie restaurante en interessante winkeltjies om jou besig te hou."
Underberg, Drakensberg, South Africa
Cedar Garden"Underberg is a peaceful little village, close to the mountains for hiking and suited adventure drive to the Sani pass. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Kozmos"Sal graag weer in Clarens 'n draai wil gaan maak, want dit is beslis 'n juweeldorpie!"