Geverifieerde Resensie
East London
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in East London bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 225 resensies.
"Sommige paaie is ontoeganklik en ongerieflik as gevolg van die feit dat die GPS nie verbouings optel nie en ons 'n paar keer deurmekaar moes ry om by ons bestemmings uit te kom. Die dorp sal nooit my gunstelingplek wees nie."
"Besoek was te kort om Oos Londen te verken, maar was baie beïndruk met dit wat ons 'n kort tydjie kon waarneem en beplan om weer Oos Londen te besoek en definitief vir 'n langer tydperk!"
"Die stad self is nie meer dieselfde nie, maar buite die stad is daar goeie vakansieplekke."
"Gonubie is 'n heerlike plek om vir 'n paar dae te ontspan. Dis ons vierde besoek aan Gonubie - dit spreek dus vanself dat ons dit weer sal besoek!"
"Baie lekker, maar sommige areas soos Southernwood is so besoedel met rommel. Waarom maak die munisipaliteit hierdie area nie op 'n roetine basis skoon?"
"Als wat jy nodig het alles is by mekaar en daar is die see, wat meer wil jy hê."