Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6503 reviews.
"The gravel roads are good enough to travel on and it is a peaceful place. The scenery between the towns beautiful."
"It is a nice little town, however, if you are from the city then I would not recommend staying for longer than 2 days."
"Die mees interessante prag dorp, skoon en netjies. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. Museums geweldig leersaam, pas hul asb mooi op. Duitse restaurant was gaaf."
"Skatkis van historiese geboue. Baie jammer daar word nie baie waarde aan geheg nie."
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige dorpie met heerlike restaurante, fietsryroetes en kunswerke."
"Die besoek aan die Uilhuis was 'n aangrypende ervaring. Ons is diep aangegryp deur die lewe en werk van Helen Martins. "
"'n Somervakansie word aanbeveel, want net die strand is daar. Baie Oulike dorpie en n paar oulike winkels. Ons het dit wel geniet, lekker ontbyt langs die see by Heavenly pancake house."
"Bushmans River is 'n baie rustige plek om net te gaan ontspan, sal dit enige tyd aanbeveel."
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan. "
"Cradock beskik oor die vermoë om waarskynlik een van dié toeristebestemmings in Suid-Afrika te wees. Daar is soveel geskiedenis in en om Cradock. Daar is die Bergkwagga Nasionale Park wat baie pragtig is en 'n klipgooi buite die dorp. Die NG Kerk op die dorp is moontlik een van die mooiste NG kerke in Suid-Afrika. Die geboue van Cradock Hoërskool is 'n moet om te sien. By die Olive Schreiner huis kry 'n mens nie net 'n beter begrip van haar en haar familie se lewe nie, maar ook van die mense van Cradock gedurende daardie tyd. Cradock het van die mooiste ou huise in een dorp wat met 'n bietjie aandag en restorasie elkeen waarskynlik in 'n besienswaardigheid omskep kan word. Die monument van die Cradock 4 is 'n moet om te besigtig. Probeer om saam met 'n gids te gaan wat ondermeer agtergrond kan gee waarom die monument juis op die spesifieke plek opgerig is. Wat ook belangrik is, is om met mense van Cradock te gesels oor al die geskiedenis van die dorp en die omgewing. Cradock is soos 'n goudmyn wat wag om ontgin te word. Die een groot faktor wat Cradock moontlik daarvan weerhou om 'n gewilde toeristebestemming te word, is die nalagtigheid van die munisipaliteit om instandhoudingswerk aan paaie en die algemene infrastruktuur van die dorp te doen. Mag dit in die toekoms verander. "
"Geen opmerking of kommentaar sal reg kan laat geskied aan Hogsback nie. 'n Mens moet dit eenvoudig self beleef. Die feit dat Hogsback redelik hoog bo seespieël lê, gee vir 'n mens die gevoel dat jy in 'n ander wêreld is, ver verwyder van enige iets wat bekend is. Die waarde daarvan om Hogsback te besoek, lê nie net in die besoek van alles wat Hogsback bied nie, maar ook om met die inwoners te praat en hulle stories oor Hogsback te hoor. Die enigste negatiewe kommentaar oor Hogsback, is die toestand van die paaie. Dit sluit die enigste teerpad in Hogsback in, asook die grondpaaie na al die verskillende besienswaardighede en gastehuise. "
"Lieflike kusdorpie amper soos 'n 'village' op sy eie. Love Gonubie. Alles wat jy nodig bv. winkels, banke, slaghuis etc. is in Gonubie."