Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."
"Seaview is 'n pragtige en veilige dorpie. As jy dolfyne wil sien is hierdie die plek. Ons kan The Dizzy Dolphin se kos werklik aanbeveel. Heerlike, bekostigbare etes met 'n bonus van 'n see-uitsig."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
"Baie mooi plekkie, net jammer ons kon nie by die Reinet-huis ingaan nie omdat hulle besig was om die plekkie op te knap. Dit maak wel 'n mens se hart bly dat dit so mooi instandgehou word. Dit is 'n prentjiemooi plek, al die ou huisies en vriendelike mense. Ons hoop om volgende keer langer te vertoef. Dit is 'n moet vir elkeen om daarheen te gaan."
"Situated on the banks of the Sondagsrivier, close to a popular pub for lunches and with a shopping centre in close proximity."
"The roads in the CBD need to be improved, as well as driving in general. "
"Dit is 'n pragtige omgewing, die hele buurt is besig om te ontwikkel. En met Leon se hulp kom jy op die regte plek op die regte tyd. Ons sal weer in Seaview bly. "