Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
"Security, security and security. I hope next time I visit the road construction will be done."
"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."
"Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Dit was vir ons 'n pragtige vallei met gawe mense wat baie hulpvaardig was, veral hulle by die tolbos."
"Ons was baie spyt dat ons slegs een aand daar oorgeslaap het - daar was soveel wat ons nog graag wou sien maar die tyd was te min."
"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."
"Cradock has lots of history. Olive Schreiner House is well worth a visit. Curator is very friendly and knowledgeable. Information centre is also very good."
"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."
"The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them"
"As jy Port Elizabeth toe wil gaan, maar nie in die besige stad wil wees nie, dan sal ek definitief aanbeveel om in Seaview te bly. Dit is baie rustig en stil."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Bartholomew's Loft"An amazing town - clean and well preserved. The community takes pride in the heritage."
"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "
"Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd."
"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Jenny's Guest House"Jy sal 2 dae of so daar moet spandeer om die museums en geskiedkundige plekke te besoek."