Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6479 reviews.
"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."
"Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places. "
"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."
"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."
"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."
"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."