Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6634 reviews.
"'n Pragtige, opgepaste Karoo-dorpie. Strate is skoon en geboue word regtig mooi gerestoureer en opgepas. Beslis 'n dorpie wat op jou reislysie moet wees!"
"Great place, it is a fun destination with lots to do. The roads are in very bad shape and should be redone."
"Haga Haga kan 'n baie goeie bestemming wees. Daar is 'n tekort aan 'n winkel met die nodige goedjies, petrolpomp en die pad daarheen kan dit 'n ongelooflike lekker plekkie maak. Dink nie dit is sommer 'n plek vir jongmense om daarheen te gaan nie."
"Die "straf beurtkrag" wat addisioneel tot beurtkrag toegepas is tydens ons besoek was regtig nie aangenaam nie."
"It's a very beautiful place, I must say and I'm definitely going back with family."
"Middelburg is 'n baie klein dorpie met baie min restaurante. Dis ideaal vir oorslaap vir 'n nag of 2."
"Gaan besoek Camdeboo, spesifiek die Vallei van Verlatenheid. Die KFC se diens is puik."
"Pragtige dorp, veral die ou historiese geboue en 'n pragtige kerk."
"'n Goeie halfweg tussen die noorde en die suide. Die stilte van die uitgestrekte Karoolandskap is sielsverrykend!"
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Onse Khaya Lodging and Conferencing"Port Elizabeth was altyd so goed gewees maar daar is baie werk om alles weer op spoed te kry met alles wat agteruit gaan."
"Kaap St. Fransis is verseker een van die mooiste strande. Was mal oor die strand met al sy baie honde. Heerlike stap, swem en visvang."
"Dit was ons derde verblyf in Nieu-Bethesda en was weer net so aangenaam soos altyd. Die dorp en sy mense is besonders en die "festival of lights"-optog deur die dorp op Oujaarsaand sal ons baie graag weer wil meedoen."
"Pragtige historiese dorp met museums, Camdeboo Nasionale Park en Vallei van Verlatenheid."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Bayview Loghome"Nie eintlik ingegaan nie, behalwe na die Bay-winkelsentrum. Naby en goed toegerus."
"Die dorp het iets vir almal se smaak. Die Recollection Museum se ou motors is definitief die kuier werd."
"Paaie na Koffiebaai is in 'n baie slegte kondisie. Koffiebaai se strand is baie skoon en netjies. Die natuurskoon is baie mooi."
"Jeffreysbaai is 'n baie lekker vakansiebestemming en soveel om te bied van die winkels tot waterpark en strande. Die inwoners is bitter gaaf en so behulpsaam."
"Die dorp is soos meeste kleiner plekke besig om te verval, maar die Mountain Zebra Park en Olive Schneider house is beslis 'n besoek werd."
"Die sonsondergang oor die Vallei van Verlatenheid is 'n moet sien."
"JBay is skoon en mens voel veilig daar. Kan beslis sien wie is aan bewind daar. Strande skoon. Maar eerlik hulle naglewe vir ons universiteitkinders was swak en die restaurante wat so vroeg toemaak is belaglik. Het heerlik by Vismandjie en Trawlers geëet. Vir seker die moeite werd"