Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3540 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Nelsbells Cottage"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Highland Quarters"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Pragtige omgewing."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Die omgewing is pragtig. Tipiese kunsdorpie, maar oulik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Mal oor die plek. Sal beslis weer en weer gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Titanic View - Place of Peace"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Lakeview Cottage"Klara Lodge of níks! Lief vir Clarens, gaan elke maand daar rus."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Oranje Guest Farm"Baie gastehuise en gasteplase - goed geleë!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Clarens Country House"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Clarens Country House"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Titanic View - Place of Peace"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Courtyard Guest House"Volgens my die nommer 1 naweekbestemming noord van die Oranjerivier."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Ongeag Self Catering House"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Baie lekker toeriste plek en die stalletjies is natuurlik 'n fees!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Altyd lekker. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam."