Verified Reviews

Eastern Free State Highlands

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands

Rated 4.6 out of 5 based on 3491 reviews.

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Uitzicht Game Lodge

"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Courtyard Guest House

"Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist. "

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Sandstone Chameleon Guest House

"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Pumula Guest Farm

"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Lola's Luxury Self-Catering Accommodation

"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."

Clarens, Eastern Free State Highlands

RiverWalk Guest House

"Pragtige plek met die mooiste natuur. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

V'Kansi Khaya

"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."

Clarens, Eastern Free State Highlands

De Ark Mountain Lodge

"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Rooikat Cottage

"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Red Mountain House

"Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Lake Clarens Guest House

"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Wegkomkans B&B

"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Cottage Pie

"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Jovali

"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mont Rouge

"Baie in en om die dorp om te besigtig."

Clarens, Eastern Free State Highlands

La Bri

"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."

Clarens, Eastern Free State Highlands

V'Kansi Khaya

"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Domaine Sérénité

"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Knock Out View

"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Jovali

"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Rooiland

"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Nelsbells Cottage

"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."

Page
Page 99 - Showing 2941 to 2970

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers