Verified Reviews

Elephant Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elephant Coast

Rated 4.5 out of 5 based on 844 reviews.

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Oppi Rotse

"St Lucia is 'n wonderskone deel van Suid-Afrika. Die strande is baie mooi en skoon en deel vand die iSimangaliso bewarings gebied. Die strande het mooi skoon ablusie geriewe. Die dorp het heerlike eetplekke en jy kan in die aander seekoeie in die strate raakloop. 'n Móét vir enige natuurliefhebber. "

Sodwana Bay, Elephant Coast

Flat Cat

"Ons gaan nou al 7 jaar in 'n ry na Sodwana en daar is nie 'n beter plek by die see in SA nie."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Oppi Rotse

"Baie mooi en natuurskoon. "

St Lucia Estuary, Elephant Coast

St Lucia Wilds

"Verskriklik mooi, baie diere te sien. Lekke eet plekke en parke om te besoek. Sal beslis weer terug keer. Vir ander besoekers wat gaan, net een "tip" neem soveel kos en huishoudelike items saam, daar net een winkel groep in St Lucia wat' n plaas se prys vra vir alles op sy rakke."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Gerda's Place

"Dit was my vierde besoek aan St Lucia en sal weer terug gaan. Die beste plek om rustigheid vir jou siel te kry."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Luwandla No 15

"St Lucia is een van die beste vakansiebestemmings in die land."

Hluhluwe, Elephant Coast

The Fever Tree Guest House

"Was te kort daar om kommentaar te lewer, maar dit lyk of daar baie uitbreiding aan die gang is."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Een van die Olifantkus se vakansie-juwele."

Hluhluwe, Elephant Coast

Leopard Walk Lodge

"No restaurants or social places in area. Limited facilities in town. Area & climate is fantastic."

Hluhluwe, Elephant Coast

Ama Zulu Guesthouse & Safaris

"OK, but mainly as a port to the Nature Reserve. We did not see much of the town, so no serious review. Later it was clear that the choice of St. Lucia would have been better, because the adventure trips started there, so you could arrange direct transport i.s.o. driving for about an hour to the gate."

Sodwana Bay, Elephant Coast

Sodwana Bay Lodge House 45

"We enjoy the place. Especially if diving and fishing and 4x4 is something you love."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Gerda's Place

"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Little Eden St Lucia

"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."

Sodwana Bay, Elephant Coast

Dumehlezi

"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Kings Palace

"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Ndiza Lodge and Cabanas

"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Oppi Rotse

"Sal graag in die pragtige dorpie wou bly vir altyd!"

St Lucia Estuary, Elephant Coast

St Lucia Wilds

"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."

Pongolapoort Dam, Elephant Coast

The Guest House Pongola

"Het daar 'n draai gemaak. Lyk na ideale plek vir voëls kyk!"

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."

Sodwana Bay, Elephant Coast

Phumulani Lodge

"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

St. Lucia Safari Lodge

"Nice place for a holiday, I like it."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Stokkiesdraai

"Puik weens die ligging: see, natuurparke, warm seewater. En meestal Afrikaans!"

Sodwana Bay, Elephant Coast

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

St Lucia Estuary, Elephant Coast

Ingwenya Lodge

"Sal dit aanbeveel vir almal."

Page
Page 26 - Showing 751 to 780

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers