Verified Reviews
Ficksburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ficksburg
Rated 3.7 out of 5 based on 39 reviews.
"We used Ficksburg as a base to do some cycling. The town itself looks a bit neglected."
"Die potholes bly 'n uitdaging. Lyk of niemand worry en aandag gee daaraan."
"Die dorp het oor die afgelope 20 jaar baie agteruit gegaan. Die paaie is in slegte toestand. Ek voel innig jammer vir pragtige verblyf plekke soos Kersiehuis. Die omgewing rondom die dorp het wêreldklas-uitsigte en visuele attraksie, maar die dorp self is nie 'n kern toeristebestemming."
"Such a lovely town with friendly people. It is so sad for a popular town like Ficksburg and the town council is doing nothing to keep it in a better condition."
"Fantastiese omgewing. Maar die paaie in die omgewing raak uiters sleg, wat toerisme mag benadeel."
"Die ou geboue wat oor is is pragtig, maar as jy nie 'n 4x4 het nie, sal ek nie die slaggate aandurf nie."
"Most restaurant close @ 18H00, on Sundays they are closed. We struggled to get food Saturday and Sunday. Imperani we waited for 20 minutes without assistant and when we went out all restaurants were closed."
"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."
"Baie vervalle geword en sommige strate is so vol potholes dat dit amper onrybaar is. "
"Gholfbaan en gastehuis was awesome! Regtig 'n baie mooi gholfbaan! Maar die paaie en res van ficksburg, eish."
"Die omgewing se natuurskoon was baie besonders. Ek sal baie graag weer wil teruggaan Ficksburg toe vir kersiefeestyd, maar ook om net meer tyd in die omgewing te spandeer. Sandstone Estate is ook 'n besoek werd met die stoomtrein- en ossewa-ritte wat mens daar kan doen."
"Netjiese en rustige dorpie. Inwoners baie bewus van toerisme en die voordele daarvan en wil graag toeriste gelukkig hou. Teen die grens van Lesotho en dus 'n geskikte oornagdorp as jy die Maloti-roete na die Katsedam aanvat."
"Na aan die Lesotho grens en pragtige natuurskoon. Baie mooi deel van die land. "
"Stil dorpie. Vriendelike mense. Die Kersiefees in November is dalk die ideale tyd vir toeriste."
"Oulike dorpie, beter as Ladybrand of Fouriesburg. Die Gin-gir restaurant is 'n moet."
"We enjoyed our brief stay in Ficksburg. People were friendly and helpful and we spent way too much money at Cafe Chocolat and the Orange Marmalade! A visit during the Cherry Festival season seems to be called for. Next year, perhaps!"