Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"A quaint little village to enjoy walking outside, eating outside and enjoying mountain activities."
"Die natuurskoon van die omgewing en die rustigheid van die dorpie is bekoorlik. Ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Clarens bly maar net 'n lekker wegbreek van die stadsgewoel. Dit is ook 'n skoon dorp in vergelyking met ander dorpe."
"Fouriesburg area is baie mooi en ook 'n goeie oornagplek as u wil Katsedam besoek. Ek sal dit vir enige iemand aan beveel wat vir 'n naweek wil wegbreek uit die stad. "
"Baie restuarante in die omgewing en die Boeremark op 'n Saterdag moet besoek word!"
"Ons het 'n oplewing in Parys ervaar wat baie verblydend is. Heelwat nuwe winkels het oopgemaak en die algemene gevoel is dat dinge nou gebeur. Die restaurante waaroor ons gek is, is beter as voorheen. Die blommefees wat in November aangebied gaan word beloof om iets besonders te wees en die maandelikse mark is beslis een van die redes vir ons volgende besoek aan Parys."
"Ek geniet dit nogal om in die week te gaan, wanneer dit nie so oorvol en besig is nie. "
"Mens hoor net altyd van Clarens, maar ek kan sê dit wat mens hoor is definitief die waarheid. 'n Lieflike, klein dorpie met iets van als. Mal daaroor!"
"Klein stukkie paradys. Kan weer mens word in so 'n rustige atmosfeer."
"Jy kan nie 'n fout maak om Clarens toe te gaan nie, maak nie saak watter tyd van die jaar nie!"
"Nie regtig tyd gehad om baie te verken nie, maar die geskiedenisboeke is vol inligting."
"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."
"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"