Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7979 reviews.
"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
"Not too bad. Shops and restaurants were a bit hard to find."
"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
"Baie droog en arme mense kort almal reën. Vrystaat is soos res van ons land pragtig."
"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
"As jy hou van antieke goedere en handgemaakte produkte en plaaservaringe is hierdie die plek vir jou."
"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
"Ek hou so baie van die Vrystaat: moenie my vra nie. Veral die Oos-Vrystaat (Vrede-Harrismith) en Suid-Vrystaat (Philippolis en omstreke). Oos-Vrystaat is gewoonlik groen en die sterre is reg bokant jou kop in die Suid-Vrystaat. Bothaville en omstreke (Noordwes-Vrystaat) kan bietjie aan daardie deel se beeld werk. Ons het daardeur gery en die Vredefort-koepel area was swak aangedui en bemark."
"Baie mooi dorp en baie gasvrye mense. Sal enige tyd weer teruggaan vir shopping."
"Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie."