Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Tipiese toeristedorpie! Klein winkeltjies wat een dag uit jou vakansie neem om deur te draf. Hier kom rus jy. Weg van die geraas en gejaag van die stad. Neem die natuur in (Golden Gate, Maluti Roete, Sampioen rots, Koningin Victoria rots en Cinderella Kasteel is alles net om die draai) en neem deel aan avontuuraktiwiteite wat nie oor 'n naweek in die stad gedoen kan word nie. STAPROETES STAPROETES STAPROETES, goed in standgehou en versorg. Batwing Waterval, Kloof en Titanic is aan te beveel! Baie restaurante, koffiewinkels en deli's om van te kies. As jy na 'n selfsorgeenheid kom, onthou om meeste (indien nie alles) van jou kos en kruideniersware saam te bring. "
"Baie klein dorpie met 'n baie indrukwekkende brug wat die langste brug in SA is."
"Oulike dorpie en Vaal de Grace Golf Estate is pragtig! Die paaie is net in 'n swak kondisie."
"Clarens is wow, asemrowend met die berge en bome en grondpaaie. Mens kan oral loop en fietsry, daar is baie kuns en interessante winkels. Die restaurante is bietjie duur, seker maar gemik op die oorsese mark."
"Die winkels is pragtig, maar duur! Om R 80 vir 'n piepklein botteltjie konfyt te betaal is belaglik. Ek sal miskien weer daardeur ry om die natuurskoon te bewonder, maar die winkels sien my nie weer nie. Ek is seker mens sal in Londen beter waarde vir jou geld kry. Ek dink dis 'n skande om besoekers so uit te buit!"
"The best! Had a wonderful 3 days in Clarens! Can't wait to visit again! Great tourist destination for outdoor adventure, restaurants all excellent and great variety. Awesome scenery! A definite destination for a relaxing weekend."
"Natuurskoon baie mooi. Egter vreemd dat winkels reeds om 16:00 toemaak en meeste restaurante reeds om 20:00."
"'n Baie rustige omgewing, die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Clarens is a wonderful little town, and we will come back for more! This was our 3rd visit!"
"Weggesteek en pragtig met alles wat mens nodig het en soveel om te doen en sien!"
"As we are Muslim, the only problem I had was with the food shops. Although we brought our own cold meats and skottel etc for lunch we found no halaal places for supper other than McDonalds. "