Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artiekels aankoop. Oulike resturante, veral die heerlike wafels, pannekoeke en melkskommels!"
"Die begraafplaas in Jacobsdal is besonders - veral die bome en struike."
"It was gladdening to see the streets have been repaired since the last time we were there. Interesting little shops and very friendly people."
"Gerieflike winkelsentrum en kitskosplekke naby, sonder die harwar van stadsverkeer. "
"Wens net ek het meer geld gehad om uit te gee op al die mooi goete wat my ogies gesien het. Dit is 'n wonderlike plek met al die nodige fasiliteite."
"Verblyf in Universitas is baie gerieflik omdat alles so vinnig en maklik bereikbaar is."
"Pragtige dorpie met die lekkerste snuffelwinkels. Het 'n plaasgevoel ervaar met al die windpompe en kuierplekkies daar."
"Ons geniet Parys elke keer as ons daar gaan kuier. Ons is mal daaroor om in al die pandjieswinkels rond te loop en bring elke keer 'n vrag oudhede terug huis toe."
"Puik! Onthou dat Clarens ook gebuk gaan onder beurtrag. Dit kan nogal mens se beplanning omvergooi."
"Skoon en netjiese dorp. Baie vriendelike inwoners en winkeleienaars. Pragtige natuurskoon. Sal dit sterk aanbeveel."