Verified Reviews
Gordon's Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gordon's Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 165 reviews.
"Ek en my vrou en van ons vriende hou van die omgewing van die hawetjie."
"Gordon's Bay is our choice of retiring place. Windy at times, but quiet and safe."
"Gordonsbaai is vir my pragtig, die plek het 'n bekoring van sy eie, en natuurlik is daar 'n tweedehandse boekwinkel wat ek nooit misloop as ons in Gordonsbaai is nie!"
"Daar moet meer aktiwiteite, behalwe swem, beskikbaar gestel word vir die jongspan van 8 tot 10 jaar."
"Dit is 'n baie mooi bestemming. Die restaurant is so bietjie van 'n teleurstelling, alhoewel die kos baie smaaklik was. Ons het op 'n Vrydagaand gaan eet by Tallas Tavern naby die hoofstrand en moes meegedeel word dat die kombuis om 21:00 sluit die aand. Dit is asof ons die gevoel gekry het dat die geriewe meer vir "locals" beskikbaar is as "toeriste". Ons het wel 'n lekker biltongplek ontdek. Hy sit op die hoofroete in Gordonsbaai net agter die Spar winkelsentrum genaamd Biltong Paradys. Dit is 'n klein plekkie maar die biltong, droeëwors en ander lekkernye maak lekker padkos om aan te smul. "
"Baie lekker omgewing en rustig. Alles is naby, ons het nie eers gery nie!"
"Die Bikini Beach-boekwinkel is 'n moet sien! Die pad om na Rooiels sorg verder vir 'n pragtige rit! "
"Weer was ook fantasties en ongelooflike uitsig aan weerskante. Bote vaar rustig en sal graag so 'n vaart wil meemaak tot in diepwaters."
"Mense moet net weet dat jy party dae gaan wegwaai, maar die berge en see maak dit die moeite werd om daar te wees."