Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping."
"Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts."
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "
"Op de website lijkt het veel minder mooi dan de werkelijkheid! Prima overnachtingsplek voor een of meerdere nachten!"
"Daar is nogal heelwat om te doen in die plek, sal volgende keer 'n dag of wat oorbly om die museums, onder andere een van Chris Barnard, die hartpionier se huis, te sien. Daar is ook 'n antiekwinkel en ander winkels wat dalk 'n besoek werd is en ek kan beslis die eetplek 4 Sheep aanbeveel waar jy regte Karooskaap kan eet en dan lekker kan gaan slaap!"
"Dis eintlik 'n plek wat die besoek werd is. Daar is onder andere 'n museum vir Chris Barnard, die hartpionier, wat daar gebore is en 'n paar snuffelplekkies waar mens kan geld uitgee! Die 4 sheep eetplek se kos is ook baie lekker en is 'n gawe alternatief as mens elders wil eet teen 'n baie billike prys. "
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "
"Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus! "