Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 359 reviews.
"Ongelooflike klein dorpie vir 'n wegbreek. Probeer beslis The Post House Hotel se kroeg. Jy sal beslis wil trek na dié klein juweel."
"Wonderlike plek met wonderlike atmosfeer wat ek enige tyd sal aanbeveel. Ek sal weer en weer soontoe gaan."
"Ons sal beslis weer Greyton toe gaan om 'n paar ander eetplekke te besoek en die omgewing te verken."
"Wonderful dining and shopping and lovely coffee shops but would like to spend more time next time doing some hiking."
"Die dorpie is bekoorlike en die strate met huisies baie besonders. Ons sal beslis weer daar aandoen in die toekoms!"
"Ons was op 'n Dinsdag daar en die eetplekke was basies toe gewees in die dorp."
"Die Saterdag mark is 'n hoogtepunt en die wandelpaaie en swempoele is 'n belewenis."
"'n Baie mooi plattelandse dorpie waar jy sielerus kry en net kan ontspan. Saterdagmark was heerlik en al die staproetes was so lekker. Restaurante voldoen aan die hoogste verwagtinge. Ons sal Greyton vir seker weer besoek."
"Vir my as 'n natuurliefhebber, digter en selfgemaakte kunstenaar ervaar ek 'n tipe bekoring in Greyton wat geen stad ooit kan bied nie. Ek is 'n Worcesterriet van geboorte en Greyton se geboue, tuine en algemene atmosfeer herinner my sterk aan ongeveer sestig jaar gelede toe ek as kind in Worcester se "informele nedersetting" groot geword het."
"Superb little hidden gem not too far to drive outside of Cape Town. Very friendly and welcoming locals and loved that we could walk everywhere. "
"Asemrowende klein dorpie met die vriendelikste mense. Heerlike eetplekke en veilige omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Ons kon oral loop en daar is baie restaurante om uit te kies. Ook lekker gekuier by die mark Saterdagoggend."