Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 367 reviews.
"We have travelled to Hazyview many times and stayed at various places. It is a lovely part of our country and well worth the visit."
"Besige dorp, maar baie skoon. Baie vriendelike mense. Daar is twee groot winkelsentrums vir inkopies."
"Hazyview dorp is ongelukkig nie baie skoon nie. Was vreeslik besig, seker maar omdat dit 'n lang naweek was."
"Ek wens ek kon daar gaan bly! Dis so mooi en het baie om te doen. 'n Paar goeie inkopiesentrums is ook maklik bereikbaar."
"Hazyview se paaie is in 'n swak toestand. Daar is erosie-skade op groot gedeeltes van meeste paaie en pad merkers is vaag of afwesig. Die inkopiesentrums is gerieflik geleë."
"'n Aanduiding van die afstand vanaf die linksdraai van Witrivier se kant tot by die Rissingtonbord word aanbeveel - dis 'n besige pad en daar is 'n hele paar borde wat met die Rissingtonbord kompeteer."
"Ja, dis vreeslik lekker om daar vakansie te hou, want dis binne bereik van baie besienswaardighede."
"Naby aan die meeste dinge wat ons wou sien. Ook relatief naby aan van die hekke om Krugerwildtuin toe te gaan."
"Pragtig, sentraal tot die Laeveld se besienswaardighede en die Kruger Nasionale Park. Sal volgende keer definitief weer in Hazyview kom afsaal om te ontspan en batterye te herlaai."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Safari Bed & Breakfast"Die dag se besoek aan die Krugerpark en Sabie is beslis die moeite werd veral as jy oorslaap by Bubezi Gastehuis."
"Goeie plek om te oornag of vir 'n paar dae te bly voordat jy in Wildtuin ingaan. Baie om te doen in die Hazyview-omgewing."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Safari Bed & Breakfast"Ek dink die dorp as sulks is uitstekend geleë vir 'n reisiger na die Laeveld. Ek dink wel die paaienetwerk kort aandag, maar dit behoort nie 'n reisiger weg te hou nie. Twee groot winkelsentrums wat min of meer alles bied wat jy nodig sou hê indien jy iets by die huis vergeet het is beskikbaar, maar, dit gesê, kan die reisiger net so wel hier sy aankope kom doen sonder om met 'n oorlaaide voertuig die pad aan te durf. Ek moes 'n battery op my 4x4 vervang en het dit by Midas kon doen teen standaardtariewe met uitstekende diens."
"Lovely weather with shopping malls closeby in case you need something."