Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 1081 reviews.
"Hermanus is n lieflike dorp. Die weer was fantasties en die inwoners is almal baie vriendelik. Die strande is mooi skoon en die water was heerlik."
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ons gunsteling seevakansiedorp! Sal enige dag in Hermanus spandeer. Dit is een van die mooiste kusdorpe in ons land en het soveel om te sien en doen vir oud en jonk."
"Bly my gunstelingdorp in SA. Ek voel sltyd tuis in hierdie asemrowende kusdorp."
"Ons het Onrusstrand baie geniet, idiaal vir klein kindertjies."
"Hermanus is one of our favourite holiday destinations. Always a good time and relaxing."
"Hermanus is besig maar altyd lekker. Onrus is 'n spesiale plek en rustiger verblyf as Hermanus self."
"Hermanus is altyd die plek vir my om bietjie weg te breek van die stand en sy gevoel. Geniet dit om daar te wees."
"Ek besoek al jare lank Hermanus en dit bly vir my die ideale vakansiebestemming met 'n oorvloedige aanbieding van besienswaardighede en lekker kuierplekke - markies, wynroete, restaurante, natuurparke met staproetes, antieke handelaars, ens. Onmoontlik om alles met een besoek te sien of te ervaar, so daar is altyd rede om terug te gaan."
"Ons "love" Hermanus. Dit is my vrou se "go to" plek. Die munisipaliteit en die Sakekamer doen baie moeite om die dorpskern en die dorp self so aantreklik moontlik te maak. Baie deurgangetjies en hoekies en draaie met winkels van alleraard. Oorgenoeg verblyf om elke sak te pas."
"Hermanus is heerlik, maar wees bewus dat dit, soos baie ander kusdorpe, baie winderig kan raak."
"It was my first time and I am looking forward to return with kids and friends."
"Hermanus het oor die jare baie verander met 'n geweldige bevolking groei. Ek wil nie oor die Kerstydperk daar wees en dorp toe of verder ry nie. Hulle bou aan die R43 en dit gaan stadig met 3 vertragings op die oomblik en 60 km/h al die pad. Bly net in Onrus en Hermanus."