Verified Reviews
Herold's Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Herold's Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 96 reviews.
"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Heroldsbaai kort net 'n ordentlike Spar en moontlik nog so 2/3 uiteet-plekkies... sodat dit nie nodig is om na George te gaan vir inkopies nie."
"Heroldsbaai is 'n GREAT vakansie bestemming. Danke Ma is op 'n UITSTEKENDE ligging geleë."
"Ongelooflik mooi en stil. Na ons besoek verlede week is ek verbaas oor die aantal vakansie-oorde! "
"Ek geniet Heroldsbaai baie. Die natuurskoon is wonderlik, die staproetes is pragtig, die strand is pragtig. Al wat ek sou verander, is om al daardie reuse vakansiehuise terug te wil verander na die pragtige, eenvouding, nostalgiese huise van die vorige generasie. "
"Lekker vakansiebestemming - op die strand, maar ook lekker naby baie ander interessante doendinge. Winter miskien nie die beste tyd om dit te besoek nie."
"Heroldsbaai is voorwaar die beste plek om te bly. Dit is naby aan George Lughawe, Mosselbaai, Hartenbos, George, Knysna, Oudtshoorn en etlike ander plekke wat mens moet besoek wanneer met verlof in die Suid-Kaap. Heroldsbaai se strand is pragtig en skoon. Mens kan lekker rondloop en voel te alle tye veilig."