Geverifieerde Resensie
Herold's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Herold's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 98 resensies.
"Lekker vakansiebestemming - op die strand, maar ook lekker naby baie ander interessante doendinge. Winter miskien nie die beste tyd om dit te besoek nie."
"Heroldsbaai is voorwaar die beste plek om te bly. Dit is naby aan George Lughawe, Mosselbaai, Hartenbos, George, Knysna, Oudtshoorn en etlike ander plekke wat mens moet besoek wanneer met verlof in die Suid-Kaap. Heroldsbaai se strand is pragtig en skoon. Mens kan lekker rondloop en voel te alle tye veilig."
"Heroldsbaai is klein en baie pragtig. Dit is 'n uitstekende basis om die res van die Suid-Kaap te besoek as dagritte."