Verified Reviews

Hibiscus Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast

Rated 4.3 out of 5 based on 1541 reviews.

Trafalgar, Hibiscus Coast

Waves End Holiday Home

"Aangenaam verras, sal definitief teruggaan. Plek om vakansie te gaan hou as jy wil wegbreek van die besige stadslewe."

Marina Beach, Hibiscus Coast

San Lameer Villa 1919

"Beach sand is very oily and leaves your feet black."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Calamari 10

"Daar is wonderlike eetplekkies en strande om te verken. Sowat 3 km van Calamari af is 'n pragtige skoenlapperplaas. Margate se strand is net 20 minute se vinnige stap strandlangs. "

Woodgrange, Hibiscus Coast

Beach Cove

"Definitief die moeite werd om te sien."

Port Shepstone, Hibiscus Coast

Soleil South Coast

"Great town. All amenities are close by. The sea and beach are better than Durban. Lots of rock pools along beaches."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Beau Vista No 1

"Ons het ons vakansie in Manaba geniet."

Margate, Hibiscus Coast

Anguna Holiday Flats

"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."

Marina Beach, Hibiscus Coast

San Lameer Villa 2516

"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "

Leisure Bay, Hibiscus Coast

C-Rus

"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Playa Del Mar 12

"Veiligheid is 'n probleem,"

St Michael's-on-Sea, Hibiscus Coast

Falling Waters Guest Lodge

"Kort heelwat meer eetplekke en vermaak."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Meerkat Manor

"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Blue Door Self-Catering Accommodation

"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "

Ramsgate, Hibiscus Coast

Appledore Lodge

"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."

Margate, Hibiscus Coast

Bondi Beach 45

"Verkeerde tyd daar gebly - verkeer is redelik chaoties."

Three Hills, Hibiscus Coast

Ku-Boboyi River Lodge

"'n Mens kan verskeie mooi plekke besoek."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Seester 9

"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."

Uvongo, Hibiscus Coast

La Corsica 9

"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."

Uvongo, Hibiscus Coast

Uvongo Chalets 19

"Nog net so mooi soos 30 jaar gelede toe ek die eerste keer my voetspore gelos het op die strand!"

Hibberdene, Hibiscus Coast

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

"It was a pleasure to see such a clean, well kept village. No litter, well kept grass verges etc. (Refuse collection 3 times a week......unheard of in Durban.) We had viewed other holiday destinations between Durban and Hibberdene and it was so sad to see how run down some of them were. The main problem being piles of litter along the way. Well done Hibberdene. "

Uvongo, Hibiscus Coast

Uvongo Sands 6

"Alles wat jy benodig is daar en binne loopafstand. Dit is nie so besig soos omliggende plekke nie, maar binne 5 minute is jy op plekke met verskeie opsies."

Margate, Hibiscus Coast

Bondi Beach 45

"We stayed in Shelly Beach which we feel is a better destination that in Margate itself (this is only because we have a young child). Teenagers will prefer the vibe of Margate during the peak seasons."

Uvongo, Hibiscus Coast

Uvongo Sands 6

"Uvongo is a lovely little seaside town, great for families."

Shelly Beach, Hibiscus Coast

Emerald Cove

"Is van plan om in daardie omgewing 'n eiendom te koop. Ek sal enigetyd iemand aanbeveel om daar met vakansie te gaan bly of selfs te gaan woon. Die mense is verskriklik vriendelik en behulpsaam. Rustige area, lieflike see! Pragtige area. "

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Queen Elizabeth 4

"Die enigste kritiek wat ek wil lewer is oor die riolering wat (net soos in Hartbeespoort) op die mees ongelëe tye by die pompstasie uitloop. Anders as Hartbeespoort, is die munisipale werkers gou op die toneel."

Shelly Beach, Hibiscus Coast

4 Summer Place

"Iemand kan dalk maar net bietjie die strand skoonmaak. Daar spoel vreeslik baie seegras en stokke uit, wat dit bietjie ongemaklik maak om daar sambreel op te slaan en die dag daar te spandeer. Verder baie lekker!"

Hibberdene, Hibiscus Coast

Sea LaVie

"Baie rustige dorp en pragtige swem- en visvang-strand."

Page
Page 47 - Showing 1381 to 1410

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers