Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 929 reviews.
"Such a lovely little town for those wanting to escape the hustle and bustle of the large cities."
"Heerlike wegbreekdorpie met baie om te doen. Ons het leer vlieghengel by Sterling Flymen trophy dam in die dorp en 'n paar forrelle kon vang."
"Pad tussen Dullstroom en Lydenburg is ongelukkig in uiters swak kondisie."
"Meeste winkels was toe. Pryse onsaglik hoog vir kwaliteit van goed. Geen besienswaardighede nie. The Clock shop was enigste winkel wat iets beteken het en waarde vir jou geld kry. Mr Simpson, Mayfly, Waffel & Co se kos is goeie kwalitet. Harries het uit hulle pad gegaan om diabetiese pannekoek te maak vir 2 senior burgers, baie dankie. Fatima's was'n teleurstelling. Seattle coffee - julle bly bo baas. Anvil Ale House and brewery - wat 'n goeie diens, baie dankie."
"Dullstroom is 'n klein "gem" en definitief 'n plek wat besoek moet word, orals waar ons ingegaan het, was ons vriendelik ontvang."
"Nie te ver van Pretoria af nie en altyd lekker om hier te kom kuier en te rus. Die dorpie is klein, maar het alles wat jy sou nodig kry. Jaarlikse instelling vir ons om hier te kom draai."
"Baie lekker rustige naweekwegbreek. Lekker restaurante en winkeltjies om deur te loop!"
"Net jammer dat die paaie in 'n toestand is en die dorpie self is vuil a.g.v. geen dienste."
"Ongelukkig het beurtkrag gemaak dat ons nie behoorlik kon rondsnuffel in die winkeltjies nie."
"Many things to do from browsing shops, eating delicious food, viewing birds to tranqual fishing."
"Lekker dorpie en baie klein. Behalwe vir die restaurant, is daar nie veel te doen nie, maar kan 'n dagrit voorstel na Graskop-Sabie om die natuurskoon te beleef."
"Die dorp het sy glans verloor - menige eetplekke is ook redelik duur. Swaarvoertuig verkeer deur die dorp doen ook afbreek aan die atmosfeer."