Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 416 resensies.
"Die mense is baie vriendelik en knoop sommer vinnig 'n gemaklike geselsie aan om jou tuis te laat voel."
"Maak seker jy koop genoeg en in 'n dorp buite Jacobsbaai. Veral as jy laat daar aankom."
"Ek wil Jacobsbaai eintlik net my geheim hou en nie deel nie, dit is so 'n kosbare plek!"
"Lieflike dorp. Twee baie aangename nuwe restaurante. Jammer om te verneem die Weskusplek het toegemaak. Lieflike dorp om net te gaan stap!"
"Jacobsbaai is pragtig en 'n lekker rustige bestemming. Maak maar voorsiening, want daar is beperkte eetplekke."
"Ek was huiwerig om te positief oor Jacobsbaai te wees, want ek wil mense van my familie se nuwe "hemel op aarde" weg te hou! Ons 2 gesinne wat die huis gedeel het sien uit na 'n terugkeer so gou moontlik. "
"Alles hier was net positief. Sal weer daarheen gaan en sommer moeite doen om dit weer te doen."
"Hou dit net soos dit is, dis perfek. Daar is baie min vakansie bestemmings waar mens regtig rustigheid kan kry, hierdie is beslis een en dis wonderlik."
"Jacobs Bay is an ideal getaway from the hustle and bustle city life. We never experienced any issues and felt rather safe. It may be ideal if there could be more small convenient stores/coffee shops set up as the only one that's there. Has weird operating hours with not the friendliest of owners, leaving guests with no other option but to go to the mall."