Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Kakamas

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kakamas

Rated 4.3 out of 5 based on 188 reviews.

Kakamas

Meerkat Compound

"Mooi skoon klein dorpie. Die nuwe Spar was 'n aangename verrassing. Ons het by die Spar die lekkerste sosaties en wors gekoop om te braai. Het ook 'n draai by die Pienk Padstal gemaak, vars droë perskes, dadels en rosyne gekoop. Die Augrabies-waterval is 'n moet."

Kakamas

Meerkat Compound

"Augrabies Watervalle so 30 - 40 km vanaf Meerkat Compound."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Die Pienk Padstal is beslis 'n stop wat jy moet doen. Augrabies is ook naby genoeg."

Kakamas

Meerkat Compound

"Netjiese, vriendelike dorp."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Die nabyheid van die Augrabiesvalle maak dit die moeite werd. Ons het nie baie van die dorp beleef in die tydjie wat ons daar was nie, maar dit is die moeite werd om daar te stop."

Kakamas

Meerkat Compound

"Ons is verlief op daai deel van die Noord-Kaap."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Nie veel te doen op Kakemas nie, maar die Augrabies waterval was wonderlik."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Het slegs tyd gehad vir oornag."

Kakamas

Kaniklani Guest Apartments

"Die dorpie het baie ontwikkel en dis altyd lekker vir toeriste."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"

Kakamas

New Beginnings Guesthouse and Self-catering

"Dis hartsmense en ons familie-bande daar staan sterk. Bitter lief vir die plek en sy bekoring en dis 'n tuiskoms soos min, elke keer wat ons daar is."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Besoek gerus die Oranje Rivier Kelders."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Pragtige dorpie, maar te klein en warm vir kuier."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Ek sal enige tyd terug trek. Vriendelik en gasvry."

Kakamas

Meerkat Compound

"Meerkat Compound was the only establishment I stayed in that had a 'Newspaper' for Tourists describing various routes and activities in the are and beyond similar to Midlands meander. Well done, I will be back to see some of the things described in this Tourism Guide."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Uitstekend."

Kakamas

Meerkat Compound

"Lekkerste fees bygewoon. Regte tyd van jaar vir lekker klimaat is belangrik."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."

Kakamas

Arendsnes Apartments

"Close to Augrabies Falls."

Kakamas

Palmhof Chalets

"'n Baie mooi en netjiese omgewing."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Naby Augrabies watervalle en Riemvasmaak Hot Springs. Teen Oranjerivier."

Kakamas

Meerkat Compound

"Ons het Kakamas heel positief en baie vriendelik beleef. Ons sal graag weer daar wil gaan inloer."

Kakamas

Meerkat Compound

"Baie lekker gebly!"

Kakamas

Palmhof Chalets

"Kakamas is perfek geleë vanaf Pretoria na Weskus en naby die Augrabies waterval."

Kakamas

New Beginnings Guesthouse and Self-catering

"Pragtige dorpie, kan net bietjie skoner raak, mense vriendelik. Eks net baie teleurgesteld in sommige mense wat ek langs die pad gekry het op pad soontoe wat hulle verwaarloos het. Maak seker DBV kyk aan die perde/donkies. Eks glad nie gelukkig oor daai ondervinding nie. Ek het videos om te deel van die nare belewenis."

Kakamas

Palmhof Chalets

"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."

Kakamas

Arendsnes Apartments

"Kakamas is teen die Oranjerivier geleë wat dit aantreklik maak. Die stalletjies, algemene handelaars en eetplekke is gerat vir reisegers en vakansiegangers. Soos met die meeste dorpe is die munisipaliteit onbeholpe en word die finansies swak aangewend. Die dorp lyk verwaarloos."

Page
Page 5 - Showing 121 to 150
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote