Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Indien die stil, rustige Karoo met mooi landskappe jou ding is, is dit net die plek."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Omdat ons altyd net daardeur ry besef 'n mens nie hoe 'n wonderlike omgewing dit is met die pragtige sterrenagte, stilte en skoon lug nie."
"Dis 'n moet stop vir toerisme-ervaring. Die grootheid van die dam dui op uitmuntende ingenieurswerk."
"Die museums is iets om ook te besoek terwyl mens daar oornag. Dit is baie interessant. Pioneers restaurant is ook baie lekker met ongelooflike kos en baie goeie diens. Dit kan ons regtig aanbeveel."
"Graaff-Reinet is so vol kultuur. mens sien uit daarna om die dorp te besoek. Vir myself is die vetplantkwekery die wonderlikste ding op aarde."
"I wouldn't make this my holiday destination, but it is a good stopover point for travelling long distances."
"Benodig advertensieborde by die kruising om te wys dat die Pastoriehuisie net 'n paar meter verder is om af te draai."
"Dit was 'n verrassende lekker kuier. Jy moet minstens 2 nagte bly sodat jy genoeg tyd het om alles te besoek, tee of 'n bier te gaan drink en dan by elk van die verskeie restaurante te gaan eet. Voorwaar een van daardie plekke wat ek weer sal gaan kuier."
"Die Karoo is uniek en die stilte voedsel vir die siel. Die Karoo is op die oomblik pragtig en 'n absolute plesier om die natuur te geniet."
"Bordeaux restaurant was die perfekte keuse vir ontbyt en aandete. Baie goeie diens, goeie verskeidenheid en baie smaaklike kos teen bekostigbare pryse. Pragtige omgewing."
"In the middle of nowhere, took turn off N1 back to Cape Town. Good place to stop and rest."