Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Dit was 'n verrassende lekker kuier. Jy moet minstens 2 nagte bly sodat jy genoeg tyd het om alles te besoek, tee of 'n bier te gaan drink en dan by elk van die verskeie restaurante te gaan eet. Voorwaar een van daardie plekke wat ek weer sal gaan kuier."
"Die Karoo is uniek en die stilte voedsel vir die siel. Die Karoo is op die oomblik pragtig en 'n absolute plesier om die natuur te geniet."
"Bordeaux restaurant was die perfekte keuse vir ontbyt en aandete. Baie goeie diens, goeie verskeidenheid en baie smaaklike kos teen bekostigbare pryse. Pragtige omgewing."
"In the middle of nowhere, took turn off N1 back to Cape Town. Good place to stop and rest."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Die plase buite Carnarvon is fantasties. Ek is ongelukkig glad nie mal oor die dorpie self nie."
"Wat 'n wonderlike klein dorpie. Na 'n baie lekker seevakansie stem ons gesin saam dat Nieu-Bethesda die hoogte punt van ons vakansie was. Sal beslis vir langer daar gaan kuier."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Beautiful neat town with character and friendly people, definitely a must-see. Swartberg pass and Meiringspoort is spectacular."
"Die dorpie het ‘n finansiële inspuiting nodig, en kan doen met nog toeriste wat oorslaap!"
"Graaff-Reinet is een van die skoonste dorpies wat ek al gesien het. Die dorpsmense is ongelooflik vriendelik en dit is tot lekker om te gaan petrol ingooi."