Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Beaufort-Wes het 'n groot verskeidenheid van gastehuise en oorslaapgeriewe. Daar is ook interessante museums om te besoek as jy genoeg tyd daarvoor kan inruim. Daar is ook 'n paar eetplekke en restaurante om te gebruik indien die gastehuis waarin jy oorslaap nie etes bedien nie."
"Ons is steeds in 'n lockdown en besighede gryp nie die kans aan om van toeriste se geld gebruik te maak nie. In Europa werk almal gedurende die seisoen hulle besimpeld om geld te maak. In Suid-Afrika is hul skynbaar bietjie lig in die broek. As die klok 13:00 slaan op 'n Saterdag sluit hulle hulle deure en steek eers weer Maandag hul neuse daar uit. Ek is gereed om te spandeer en my deel vir klein besighede te doen, helaas is hul skynbaar tevrede met wat hul het. Hou dan op met kla en steek hand in eie boesem."
"Ek het Richmond nogal as 'n stil en verlate plekkie ervaar. Die kerkgebou is besonders en trek dadelik aandag."
"Rustige klein dorpie - ideaal as jy wil afskakel. Internetopvangs is sporadies. Uilhuis is die groot toeriste aantreklikheid - baie interessant. Paar klein eetplekkies en ook die brouery wat boetiekbier en 'n lekker kaasbord bedien."
"Book well in advance because the town is becoming quite popular. Do your shopping beforehand in Colesberg if you're coming from Cape Town, because the local shop doesn't stock everything you'll need. Places to visit and things to do: Tjailatyd is a must, cocktails at De Stijl, boat cruise on the dam, nature reserve drive, dinner at Quenna Bistro."
"Carnavon as dorpie het nie veel om aan te bied as 'n toeristebestemming nie, maar wel die omliggende omgewing soos Osfontein Gasteplaas en die naasliggende dorpie Loxton."
"Die dorp is redelik netjies, maar die verval is maar sigbaar. Covid het waarskynlik 'n rol gespeel met heelwat minder reisigers wat hier oorgeslaap het."
"Prieska is not really a place of interest unfortunately. General degradation of the town is prevalent as well as striking signs of poverty, plus concerns of safety. I still recommend it as a stop over as opposed to towns on the national roads N12 eg. Kimberley route."
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien. Ek sou graag nog 'n dag daar wou deurbring."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Gariepdam was 'n belewenis met die goeie reënval en die sluise wat oop is. Die ideale oornag stop op pad terug van jou Kaapvakansie!"
"Die elektrisiteit is gereeld af in Colesberg, die laaste tyd, al is daar nie beurtkrag nie. Ek het dit ondervind beide in Desember 2021 en Januarie 2022."