Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.

Beaufort-Wes, Karoo

Biffie's Cottages

"Ons bly altyd in Beaufort-Wes oor wanneer ons Kaapstad toe ry"

Colesberg, Karoo

Skietberg Lodge

"Alhoewel die pitstop-vulstasies vir my bietjie agteruit gegaan het, lyk die infrastruktuur of dit nog goed werk, paaie word onderhou en dis nog mooi skoon langs en op die paaie."

Hanover, Karoo

Aandrus Guestrooms

"'n Ideale plek vir 'n toerismedorpie om mense meer te lok."

Prins Albert, Karoo

Swartberg Cottages

"Oulike dorpie. Sal volgende keer langer daar bly."

Middelburg, Karoo

Celtis Country Lodge & Restaurant

"Daar is nie regtig iets in die omgewing te doen nie. Dit is definitief meer 'n oornagbestemming op 'n lang roete en nie regtig 'n toerismebestemming nie."

Karoo

Rietpoort Game & Guest Farm

"As jy hou van van sjarmante, klein dorpies met karakter en geskiedenis, is dit die plek vir jou."

Prins Albert, Karoo

Karoo View Cottages

"Dit is die mooiste-mooi dorpie en ek was mal daaroor! Kan nie wag om terug te gaan nie! Die Swartbergpas was absoluut uitsonderlik en asembenemend mooi! Die 'Lad-die-Dah' en 'African Relish' restaurante is ook uitstaande! Lad-die-dah is op die punt van die dorp - fantastiese kos en baie goed geprys! African Relish is duurder, maar ook uitstaande kos en diens! Ek beveel glad nie die 'Rude Chef' restaurant oorkant die Swartberg Hotel aan nie - dis baie duur vir wat jy kry, die kos was onsmaaklik, diens swak, geen atmosfeer en die wynlys was beperk (wyn was nie lekker nie, en jy mag nie jou eie wyn neem nie). As jy nog nie daar was nie - moet jy die dorpie gaan verken!"

Colesberg, Karoo

Horse and Mill Guesthouse

"Colesberg is 'n halfpadstop op pad na die Kaap, so dit is gerieflik geleë."

Vosburg, Karoo

Vossie-Nes

"Dit is lekker om die Karoo se stil paaie te ry!"

Colesberg, Karoo

Little Farms

"Was nog altyd ons gunstelingdorp vir oorslaap. Gemeenskap is vriendelik en gasvry."

Philippolis, Karoo

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Philippolis is gelyk aan gasvryheid."

Nieu-Bethesda, Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Loved this beautiful little Karoo town. Definitely worth a visit and recommend spending a few nights to fully explore the town!"

Nieu-Bethesda, Karoo

Meerkat

"A must visit for all South Africans and tourists."

Prins Albert, Karoo

Aandrus

"Lieflike dorp."

Middelburg, Karoo

Celtis Country Lodge & Restaurant

"Slegs deur Middelburg gery, nie op 'n ander plek in die dorp gestop nie."

Hanover, Karoo

Trappieskop

"Rustige area vir my."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Herehuis

"Die nasionale park is mooi en interressant. Dit sou beter wees saam met ouer kinders - die kleintjies raak te gou warm en onrustig."

Graaff-Reinet, Karoo

Betty's Guesthouse

"Baie te doen as 'n mens genoeg tyd het en nie net as deurry benut nie!"

Karoo

Skietkuil Holiday Farm

"As jy van die stad se gewoel wil ontsnap is hierdie bestemming net die ding."

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Graaff-Reinet het baie vriendelike inwoners, ryk geskiedenis en is 'n baie oulike dorp. Sal beslis weer daar oorbly."

Colesberg, Karoo

Annelines Guest House

"Baie mooi ou dorpie. Sou graag langer wou bly."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"Geniet dit altyd om in die dorp oor te slaap!"

Victoria-Wes, Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Pragtige ou geboue, mooiste argitektuur."

Nieu-Bethesda, Karoo

Die Kapokbosskuur

"Wonderlike, veilige, skoon, vriendelike dorp. "

Hanover, Karoo

Karoo Gariep Tented Camp

"Die plaaslewe buite Hanover is 'n moet op elkeen se "bucketlist". Hanover die dorpie self is maar klein en kan mens net die nodige winkels daar kry."

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Baie mooi en 'n moet om te sien."

Blad
Blad 128 - Wys 3811 tot 3840
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem