Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11351 reviews.
"Ons besoek was baie vinnig, net 'n deurry, maar die dorp het netjies en georden gelyk. Daar is 'n hele paar eetplekkies en winkeltjies."
"Het Nieu-Bethesda se Uilhuis baie geniet en ook Vallei van Verlatenheid is beeldskoon."
"Na baie, baie jare se oorslaap op pad tussen Johannesburg en Suid-Kaap, bly die Karoo-dorp ons gunsteling. Nogtans nou die dag eers die Vallei van Verlatenheid ontdek. Is daar nog sulke juwele in die omgewing? Dalk beter bemarking benodig?"
"Ek sal nie Britstown as 'n toeristebestemming beskryf nie, maar die ideale oornag-plek op die N12."
"Carnarvon, as 'n dorp, kan soveel meer bied. Dit het ek met meeste van die klein dorpies gevind. Jy kry nie oulike geskenk-plekkies, wat deur die gemeenskap vervaardig is nie. Baie van die padstalle se goed is vol stof, verouderd en onaantreklik. Ek is seker daar is baie kreatiewe mense wat iets anders kan aanbied as net ou boeke en antieke ware."
"Canarvon het baie mooi voorbeelde van geskiedkundige Karoo-huisies en baie vriendelike mense."
"Netjiese juweel-dorpie wat vir mens verras en sielerus gee. Ondersteun gerus die mense en hul besighede."
"De Rust is a wonderful, quirky little town with great character. There are plenty of coffee shops and breakfast and lunch spots. The surrounding areas also offer plenty to explore!"
"Dit is 'n pragtige dorpie. Jou kar kan vanaand in die straat geparkeer bly. Mense is baie vriendelik en elke huisie is so mooi met 'n mooi ou tuintjie."
"A very well stocked Spar if you need to replenish any goodies for a long trip."
"DeRust is a lovely, peaceful town outside of Oudtshoorn. It is a very arty town and there are lots of little shops and cafés to get lost in."
"Die omgewing en mense het dit nodig dat ons hulle besoek. Laingsburg is in 'n pragtige omgewing geleë en bied baie meer aan as wat mense besef."
"Die uitgestrektheid en ruimte om veilig en aktief te kon rondbeweeg was 'n verrassing. Die paaie is ook in 'n goeie toestand. Die wild is in 'n goeie kondisie en volop waarneembaar. Die Karoo het 'n bekoring wat in jou hart kom nesskop."
"Nieu-Bethesda is a special one-horse town in the Karoo. If a remote little village is your cup of tea, this one will tickle your fancy."