Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Hanover is 'n pragtige dorpie, ou huisies wat jou met nostalgie verwelkom. Dit is nie 'n toeristebestemming nie, maar 'n heerlike oornag dorpie vir reisigers."
"Ek was geskok oor hoe baie vullis rondlê en die toestand van die terrein rondom winkelsentrums was skokkend. By Checkers was dit darem netjies en het ek my dank aan die bestuur oorgedra."
"Pragtige dorpie met lieflike verskeidenheid van winkeltjies - die hotel met Gin bar was 'n verrassing en die "platters" was voortreflik!"
"Wat 'n rustige, karaktervolle, pragtige historiese dorpie met heelwat besienswaardigehede. Dit is 'n besoek wat die moeite werd is."
"Wees maar versigtig, want ons is op Sutherland van alles wat ons afgepak het, beroof terwyl ons geslaap het, selfs ons voertuigsleutels wat hulle later gesteel het en erg beskadig het tydens ongeluk buite die dorp. Parkeer maar agter hekke wat kan sluit en maak alles dig toe. "
"Die lodges en park in die omgewing maak dit die moeite werd om ’n paar dae te bly."
"Die dorp was nog altyd 'n oorslaapplek vir ons as gesin en die ikoniese kerk bly 'n aantrekkingspunt. Die dorp is skoon en daar is orals is klein winkeltjies wat plaaslike, handgemaakte items verkoop. Daar is ook verskeie plekke waar jy 'n regte Karoo-ete kan geniet."
"Guests gets first choice and are always on the mind of the people abound happiness and relaxing."
"Lekker plaaskuier op Merweville, dis nou 'n plek waar jy heerlik kan ontspan, goeie kwaliteit tyd spandeer saam jou hartsmense."
"Klein dorpies het almal hulle eie bekoring. Die mense is vriendelik en help graag."
"Hiér is dit nog stil, en het mense tyd vir mekaar en verbygangers. Pragtigste skoon klein dorpie, baie goed onderhou."
"Oulike, klein dorpie. Perfekte halfpad-stop vir die rit af Kaap toe of op Gauteng toe."
"Dit is die perfekte halfpad-stop as jy van Gauteng/Limpopo moet Kaap toe reis."