Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Weet nie regtig wat daar aangaan nie, het laatmiddag daar aangekom en baie vroeg gery, so het geen toeriste-aktiwiteite gedoen of gesoek nie."
"Ons is lief vir die Karoo-dorpe soos Victoria-Wes. Meestal is hulle skoon en netjies. Die vars lug en sterrehemel is lieflik. Het ook bonus van 'n Karoo-reëntjie gehad!"
"Bly amper elke jaar daar oor en vind dit 'n geskiedkundige dorpie reg vir die besoeker."
"Ek weet nie of dit ‘n destination dorp is nie. Maar dink dis ‘n lekker plek om te stop op pad iewers heen. "
"Op pad Kaap toe was BFW spotless op 26ste Dec. Verras. Nie 'n papiertjie in sig nie. Op pad terug van Kaap af 3 Januarie was dit vuil, besig en onsmaaklik. Sou nie spesifiek soontoe gaan vir verlof nie, maar OK vir 1 aand se oorslaap a.g.v. ligging."
"Alhoewel daar heelwat ou geboue is, is dit kommerwekkend dat die middedorp agteruitgaan. Strate was nie skoon nie en daar was besope mense op sypaadjies. Dit mag moontlik te make wees met die feestyd wat ons in dorp oornag het."
"It's worth driving to the dam and taking a walk along the wall. Impressive structure! "
"Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
" Was gerieflik naby die dam, maar nie aangrensend op die dam, of uitsig op die dam nie. Was regoor die Aventura Vakansie oord. Is gerieflik vir 'n oorslaap."
"Colesberg is 'n lifesaver dorpie vir oornag vir die langafstand travel sodat reisiger kan ontspan voor die ver pad weer aangepak kan word Oos- of Wes-Kaap toe."
"Die dorp is een groot taxi-rank, maar rondom die dorp is 'n paar mooi plekke."
"Was te kort daar om meer uit te vind. Sou dit dalk help om wanneer ek 'n dorp search vir blyplek dalk ook 'n skakel na doendinge in die dorp ook by te sit?"