Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Binne bereik van verskeie besienswaardighede in en om die dorp. Twee groot damme naby, wildplase ens. en sonder die samedromming van toeriste."
"Hopetown is very small, but a perfect halfway house between Jhb and Cape Town."
"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"
"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."
"Baie lekker om hier te kuier, maar met klein kinders raai ek aan maksimum 'n naweek."
"Ons ete by die Plattelander was asemrowend. Eienaar en personeel vriendelik en die kos van bostaande gehalte hulle sien my beslis weer."
"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."
"Colesberg was die klein dorpie waarby ons verby gejaag het op pad Kaap toe. Sal nie sommer weer daar verby jaag nie. Ongelooflike dorpie met vriendelike, gasvrye kuierplekke. Heerlike ontspanne atmosfeer met heerlike Karoo lam teen redelike pryse. Ietsie vir almal op die spyskaarte."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."
"Was aangenaam verras oor hoe mooi die dam en omgewing is, beslis een van die plekke wat ek weer sal wil besoek en beslis sal aanbeveel."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Die padtekens op pad na Waterford benodig dringend aandag! Meer toeriste wat van die hoofpaaie wil afdwaal, sal dan besoeke bring aan die pragtige omgewing! "
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."
"Oujaarsaand wat ons ook daar oorgeslaap het was dit besonder stil en aangenaam."
"Ons gebruik dit hoofsaaklik as oornagplek op pad terug na Gauteng vanaf die Kaap. Bourdeaux Restaurant is altyd aan te bevele."
"Het die dorpie geniet en dit moenie verbygery word op pad George of binneland toe nie. Naas Klaarstroom die skoonste dorpie waardeur ek die vakansie was. Jammer daardie pragtige skoolgebou is besig om te verval en verwaarloos te word. Maak 'n draai by Belly Deli. In plaas van een groot melkskommel te bestel, bestel twee of drie verskillende geure gelyk soos die Amarula-een, heerlik. Lekker ontbyt geëet en gesnuffel in die verskillende unieke afdelings onder een dak."