Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Ons het vorige aand na die besoektye van die Chris Barnard Museum gekyk en ons reis so beplan om daar aan te gaan. Volgens die tye op die ingang is dit vanaf 07:45. Ons was daar om 08:15. Ons is redelik onprofesioneel gesê dat ons moet wag tot 08:30. Toe ons vra waarom die tye nie aangepas word nie, het ons weer 'n swak smaak aanmerking gekry, nodeloos om te sê het ons vertrek sonder om besoek af te lê."
"Grew up there in my young day, fond memories. Town clean, people friendly, restaurants affordable."
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Angler & Antelope Guesthouse"Baie interessante dorp en beslis baie mooier as verskeie ander dorpe in daardie omgewing. Ek het verskeie pragtige foto's in die dorp geneem."
"Veilge en mooi baie skoon dorpie. Sal verseker weer daar oornag op pad Kaapstad toe. "
"As jy dink jy het al alles in en om Graaff-Reinet gesien, dan het jy nog niks gesien nie."
"Die stilte en oopte is goed vir 'n mense se siel. Die mense is so eg, gasvry, vriendelik en kosbaar!"
"Baie interessant! Ek het nie geweet dis die grootste dam in ons land nie. Om die damwal, sluise en al die geboue wat die proses moet bewerk. Ek sal graag tyd wil maak om oor die wal te stap en ook onder in die tonnel. Sal in die vervolg dit reel en tyd maak daarvoor! "
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"Colesberg is 'n baie klein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Maar dis wel gerieflik vir oornag tussen Gauteng en die Kaap. "
"The lamb chops at 4 Sheep were not great. Lovely Karoo town but the waitress was very good."
"Die mooiste Kaapse dorpie met baie geskiedenis. Asook die mooiste geboue en baie vriendelike mense."
"Graaff-Reinet is 'n juweel. Die omgewing is baie mooi met pragtige natuurskoon. Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te besoek. Die dorpie het baie mooi oudhede."
"Colesberg is 'n goeie oornagpunt op pad na die Kaap. Hier is nie veel te doen nie, maar die ou huise en kerk is 'n juweel vir die oog."
"Ken nie die dorpie nie, maar is maar verwaarloos wat ons gesien het (algemene paaie, ens). "
"Camdeboo Nasionale Park was pragtig (Valley of Desolation). Enige besoeker aan Graaff-Reinet kan gerus daar aangaan."