Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.

Prins Albert, Karoo

Swartberg Cottages

"Fantastiese kos. Vriendelike mense! Pragtig!"

Prins Albert, Karoo

Prince Albert Country Stay

"Ons was werklik verras met Prins Albert. Dit is die mooiste dorpie ek wens elke dorpie in ons land kon so lyk."

Prins Albert, Karoo

Yellow House

"Ons het ons besoek aan die dorpie baie geniet. My vrou het Sondag siek geword. Geen probleem om 'n dokter te vind nie. Hy het dan ook die apteker gevra om die voorskrif vir ons voor te berei. Wat meer wil jy hê? 'n Rit teen Swartbergpas uit is natuurlik 'n moet."

Colesberg, Karoo

The Barracks

"Halfpad op my reis en dus baie gerieflike plek om oor te bly."

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Polka Restaurant is tops!"

Colesberg, Karoo

Nanna Rous' Town House

"Pragtige stil dorp waar mense vir 'n week kan kom rus."

Beaufort-Wes, Karoo

Ons Huisie

"Pragtige geskiedkundige dorp."

De Rust, Karoo

House Martin Lodge and Self Catering

"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"

Colesberg, Karoo

Brand Guesthouse

"Is gerieflik geleë. "

Prins Albert, Karoo

Onse Rus Guest House

"Bly 'n dag langer as wat jy beplan, op Prins Albert is meer om te doen as wat jy dink. "

Colesberg, Karoo

Linda's Guest House

"Colesberg is 'n baie oulike dorpie in die Karoo."

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Almal is so gasvry en baie besondere ontdekkings kan op die dorp gemaak word: kuns, kos, wyn, mark en vele meer. Waar sal jy nog 'n dorp met sy eie app (toepassing) kry."

Victoria-Wes, Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"

Carnarvon, Karoo

Lord Carnarvon Guesthouse

"My man het hier groot geword en enige een sal dit 'n oulike dorp vind."

Beaufort-Wes, Karoo

Aandblom Guesthouse

"Hoofstraat is baie besig en lawaaierig. Daarom by Aandblom gebly. Sal graag die Karoo park wil besoek."

Nieu-Bethesda, Karoo

Allemann se Huisie

"Meer mense moet die dorpie besoek."

Richmond, Karoo

Ka Ma Lodge

"Rustige dorpie met vriendelike mense."

Beaufort-Wes, Karoo

@ Mango's

"Behalwe vir die Spur is daar geen ander eetplekke nie. Deur die dag voel jy nie veilig in die strate nie want daar is BAIE mense wat net rondloop. Maak jou baie baie ongemaklik."

Colesberg, Karoo

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Colesberg het seker maar sy mooi in die niksheid om hom. Dis altyd vir my so asof die stilte mens begeester en die kilheid van die winteraande maar net nie onder mens se vel kan uitbly nie."

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ag, Prins Albert is pragtig! So rustig en vol verrassings!"

Vanderkloof, Karoo

Rhino Manor

"Thank you for your warm embrace!"

Beaufort-Wes, Karoo

Bakgat Blyplek

"A.g.v. Bakgat sal ons nou altyd hier kom oorslaap. Hier is 'n paar goeie kos-opsies."

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos Self Catering

"Sal graag volgende keer langer wil vertoef."

Prins Albert, Karoo

Karoo Khaya

"The restuarants are wonderful. Peaceful atmosphere. The dairy is well worth a visit and their cheeses good. 'John Donkey's' trip to Die Hel was well worth it although I suggest that travelers with him take their own picnic for lunch. "

Beaufort-Wes, Karoo

Bakgat Blyplek

"Baie lekker skaapvleis restaurant."

Krakeelriver, Karoo

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Pragtige wêreld, rustig en ontspannend!"

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Baie mooi, dit was nogal hartseer om te sien hoe leeg die dam is. Maar dit bly nog pragtig."

Beaufort-Wes, Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Beaufort-Wes was baie aangenaam gewees. Ons kon ook die Karoo Nasionale Park gaan besigtig, aangesien dit lekker naby was."

Blad
Blad 353 - Wys 10561 tot 10590
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang