Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Gariepdam is 'n ideale halfpad-oornagplek wanneer jy vanaf Gauteng na die kus reis. Ek het al by 'n hele paar plekke oornag en die meeste is heel geskik om die basiese aan te bied. Ek het egter nog nie die ideale plek waarheen ek elke keer wil teruggaan, ontdek nie (behalwe miskien Forever-oord). Aangesien tariewe meestal per persoon is, raak dit redelik duur indien die groep meer as 2 persone is."
"Maak gerus by Nonstop Fitment Centre 'n halweg-stop vir jou motor se meganiese checkup. Victor is die eienaar en gaan uit sy pad om jou te help. My slaapwa se wielbearings het verloor en hy het sy sleepwa s'n afgehaal om my te help. Baie dankie daarvoor."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."
"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."
"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."