Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Aloma House"Yes, it is a very nice town and the hairdresser is absolutely great."
"Colesberg is 'n stil plekkie en is eintlik maar net 'n oornagplek. As enigiemand iets wil eet terwyl hulle daar is of net oornag, gaan eet by die Plattelander!"
"Graaff-Reinet is 'n interessante dorp met baie om te sien. 'n Hoogtepunt was die orreluitvoering in die Nuwe Kerk. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"Ons is mal oor Colesberg, 'n klein, vriendelike dorpie met mooi straatjies en pragtige geboue! "
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Beaufort-West soos die res van die Kaapprovinsie word baie goed skoongehou. Ons haal ons hoed af vir die munisipaleit en hul werkers. Welgedaan!"
"Ons ken die dorp van vroeëre besoeke en het dus geweet wat om te verwag, maar dit bly skilderagtig en gesellig."
"Het baie lekker gekuier by die Horse & Mill - kos was lekker en die personeel baie vriendelik!"
"Ons het die museums baie geniet en die dorpie is pragtig, al wat bietjie erg was is die verkeer reg deur die dorp."
"'n Redelik groot dorp met al die nodige geriewe selfs 'n Spur Restaurant.. Baie netjiese oornaggeriewe gesien so met die deurry."
"'n Besoek aan die Camdaboo Park met die Vallei van Verlatenheid is 'n geleentheid wat nie gemis moet word nie!"
"Steenbokkie-karavaanpark en Karoo Nasionale Park beslis besienswaardighede. Ook diens en vriendelikheid baie goed."