Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11297 resensies.

Beaufort-Wes, Karoo

Ons Huisie

"A gem of the Klein Karoo."

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"Ek sal enige tyd weer hier oorbly."

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Pragtige natuurskoon. Baie stil en rustig."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Windpomp Guesthouse

"Mooi dorp en mooi besienswaardighede."

Prins Albert, Karoo

The Artist's Cottage

"Pragtige dorpie met karakter."

Colesberg, Karoo

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Baie rustige plek, lekker om oor te slaap."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Mooi geskiedkundige dorpie."

Prins Albert, Karoo

Acacia Cottage

"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"

Britstown, Karoo

Rooidam Cottages

"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "

Drie Susters, Karoo

Skietkuil Holiday Farm

"Gerieflike oornagplek op die roete na die noorde."

Beaufort-Wes, Karoo

Matoppo Inn Guesthouse

"'n Baie interessante en vriendelike Karoodorp!"

Victoria-Wes, Karoo

De Oude Scholen

"Pragtige, rustige Suid-Afrikaanse plattelandse dorpie. Hoop dit bly so!"

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Dis 'n baie mooi dorpie! Die paaie in die dorp self by die huise is net bietjie sleg."

Murraysburg, Karoo

Freek's Cottage Farm Stay

"Het nie werklik tyd gehad om die dorp te besoek nie, maar die omgewing bied definitief heelwat vir die natuurliefhebber."

Colesberg, Karoo

Ebenezer Guest House

"Colesberg is a nice half way stop. A pleasant and friendly city that provides a pleasant half way stay."

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Dorpie is bietjie vervalle, maar monumente word baie mooi onderhou."

Nieu-Bethesda, Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Pragtige dorpie, daar is baie om te doen en 1 dag is heeltemal te min om alles te doen wat Nieu-Bethesda bied."

Colesberg, Karoo

Van Zylsvlei B&B Karoo Guest Farm

"Perfekte halfweghuis tussen die Kaap en Gauteng."

Colesberg, Karoo

Nanna Rous' Town House

"Colesberg gaan altyd net 'n oorslaapplek wees. Die dorp is baie verwaarloos."

Prins Albert, Karoo

Swartberg Cottages

"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."

Nieu-Bethesda, Karoo

Zonnenstrahl Caravan Park

"Nie-Bethesda is a must! I thought three days would be enough to see everything but sadly I needed even more days to finish exploring. Next time I will come in the cooler months as there are many walks on my list that are too hot to do in summer."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Gariepdam is 'n ideale wegbreekdorpie indien iemand van die gejaag van die stad wil wegkom. Die hotel en oord blyk die ideale blyplekke te wees. "

Beaufort-Wes, Karoo

Die Herehuis

"Klein dorpie, baie warm, sal nie te lank daar kan bly nie."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"As jy deur die strate loop, sien jy die pragtigste geboue wat nog uit die vroeë 1900's dateer. Dit was heerlik om net in die straat te loop en nie bang te wees dat jy aangeval gaan word nie. Dit is definitief 'n baie goeie oornagplek as jy lus het om net 'n verposing in jou rys te neem."

Gariepdam, Karoo

Stoneridge Guesthouse

"Rustige atmosfeer. Sal dit beslis aanbeveel vir persone wat werklik wil rus."

Britstown, Karoo

Transkaroo Country Lodge

"Oulike dorpie met baie karakter en baie rustige gevoel heers in die dorp en mense."

Blad
Blad 372 - Wys 11131 tot 11160
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang